Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond. Droogtes en vloede wat mekaar afwissel. Histories geseën met die grootste soogdierdiversiteit per vierkante kilometer in SA. Spekbome, malvas, syselbosse en ‘n groot verskeidenheid plante wat gebrei is vir oorlewing.