’n Onderwyseres en van haar kollegas het ingespring en ’n biblioteek by ’n Afrikaanse staatskool op Kirkwood begin. En, plantkundige Ernst van Jaarsveld gesels oor bome.
Marí Hudson gesels met ’n jong taxibaas van die Sondagsriviervallei oor sy droom om die taxibedryf meer professioneel en respekvol te maak. Ken jy die taximense op jou dorp? Verstaan jy die toet-toet en stop-stop optredes?
Hoe help jy om leiers te ontwikkel? Hoe help jy mense om nuut te dink om nuwe oplossings vir ou probleme te vind? Mari Hudson praat met ‘n kopskuiwer, en jy kry ’n voorsmakie van ‘n gesprek met ’n jong taxibaas van die Sondagsriviervallei.
Mari Hudson stel jou voor aan twee opbouende leiersfigure van die Sondagsriviervallei wat eens opstokende aktiviste was. Ons deel ook inligting oor die sinvolste manier om as onafhanklike kandidaat te staan in die munisipale verkiesing
Mari Hudson stel jou voor aan ’n sakeman van Kirkwood, en ons hoor wat die sitrusboere van die Sondagsriviervallei doen, en dit is veel meer as om rioolpompe in stand te hou.
Mari Hudson stel jou voor aan nog inwoners van Kirkwood en die Sondagsriviervallei. Identifiseer saam met ons die probleme in jou dorp, en stap die pad saam met ons om dit op te los.
In die agste program deel ’n kundige die belangrikste raad wat sal bepaal of jy kan help om jou dorp beter funksionerend te maak. En ons stel jou voor aan Kirkwood en die Sondagsriviervallei, en van sy inwoners.