Argief

Groen: parke, straatbome, tuine, sportvelde

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Die ou stasie lyk weer spoggerig.

Ep 97: Vroue begin Revive Knysna – kyk wat gebeur!

Besorgde vroue van Knysna het besluit om amptelik kragte saam te snoer om Knysna skoon en mooi te maak. Revive Knysna het tot stand gekom, en die sakegemeenskap van die dorp het hulle ondersteun. Nou is parke en tuine al mooi gemaak, die ou stasie-gebou opgeknap en ‘n vervalle bushalte het nuwe lewe gekry.
https://wandilesihlobo.com/2019/03/16/the-perception-that-south-africas-agriculture-is-dominated-by-large-commercial-farms-is-incorrect/

Ep 89: Wat gebeur in ‘n streek wat ernstig oor landbouers en plaasmoorde?

Wat gebeur in ’n streek wat ernstig is oor landbouers en plaasmoorde? ’n Tiener van Montagu vertel van sy drome. En ons gesels oor die beste plante en bome vir jou streek.
Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Het jy geweet Robertson het ’n vliegveld waar Boeings kan land? Dís een die interessanthede van die Langeberg-streek. Marí Hudson vind meer uit oor die goeie dinge en die uitdagings van die mooi Montagu-Bonnievale-Ashton-McGregor-Robertson gebied. Beurtkrag en die instroming van buitelandse mense en die druk op die infrastruktuur is twee van die grootste uitdagings.
Gundula Deutschlander

Ep 81: Verfraai jou dorp met mooi tuine

Een van die maniere om jou dorp en jou eie omgewing te verfraai en en jou siel en liggaam te voed, is deur tuine aan te plant, of dit blomtuine, kruietuine of groentetuine is. Op Tuindag deel Gundula Deutschlander, die meestertuinier van Babylonstoren wyshede, wenke en inspirasie.
Bome op die dorp is in bedwang gebring en die takke is weggery.

Ep 78: Oos-Kaapse dorp aan’t skoon- en groenmaak

In Parys gaan dit nie goed met riool in die water nie. Die Sondagsriviervallei is bekroon vir sy skoonmaak- en groenmaakprojekte wat besig is om vlerke te kry, en kan die munisipaliteit ook spog met hulle verbeterde finansiële bestuur.
Photo by Pieter Bouwer on Unsplash

Ep 75: Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem?

Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.
Vetstingeldruif (Cissus cactiformis)

Ep 68: Plante groei selfs in die woestyn

Plante groei selfs in die woestyn. Plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld deel verstommende inligting oor die Welwitchia, die oudste plant op ons planeet in die oudste woestyn op aarde, die Namib. Dié plant kan 1500 jaar oud word! Mari Hudson gesels met dr. Van Jaarsveld, wat ook vertel hoe dié plant gekweek kan word vir woestyntuine.
Fynblaarysterhout (Ochna serrulata)

Ep 63: Die beste straatbome vir die fynbos-bioom

Die kanferbos, wildepruim, waterbessie, olienhout en Kaapse kastaiing is enkele van die bome wat goeie straatbome sal maak in die fynbos-streek. Vind ook meer uit die trots van Suid-Afrika, die protea-familie. Mari Hudson gesels met plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld oor geskikte plante vir jou dorp en streek.
Perdeskoenmalva – Pelargonium Zonale

Ep 61: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 3) | Plant só vir mooi strandveld- en kustuine

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 3 Hoewel soutbelaaide seewinde die Strandveld se plante heen en weer waai, is daar inderdaad bome en plante wat wel hier aard en groei.
Broodbome – Encephalartos Princeps

Ep 60: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 2)

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 2 Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp