Argief

Dorpe

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Het Parys al skoon water? En wat van die rioolprobleme by Viljoenskroon? En wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?
Kirkwood

Ep 93: ’n Onderwyseres en van haar kollegas het ingespring en ’n biblioteek by ’n Afrikaanse staatskool op Kirkwood begin.

’n Onderwyseres en van haar kollegas het ingespring en ’n biblioteek by ’n Afrikaanse staatskool op Kirkwood begin. En, plantkundige Ernst van Jaarsveld gesels oor bome.
https://wandilesihlobo.com/2019/03/16/the-perception-that-south-africas-agriculture-is-dominated-by-large-commercial-farms-is-incorrect/

Ep 89: Wat gebeur in ‘n streek wat ernstig oor landbouers en plaasmoorde?

Wat gebeur in ’n streek wat ernstig is oor landbouers en plaasmoorde? ’n Tiener van Montagu vertel van sy drome. En ons gesels oor die beste plante en bome vir jou streek.
Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Het jy geweet Robertson het ’n vliegveld waar Boeings kan land? Dís een die interessanthede van die Langeberg-streek. Marí Hudson vind meer uit oor die goeie dinge en die uitdagings van die mooi Montagu-Bonnievale-Ashton-McGregor-Robertson gebied. Beurtkrag en die instroming van buitelandse mense en die druk op die infrastruktuur is twee van die grootste uitdagings.
Die berge om Montagu het besonderse kleure, buigings en verwringings

Ep 85: Wat doen netjiese Montagu reg?

Ons besoek die mooi en netjiese dorp Montagu net anderkant Ashton. Ons kyk wat reg loop in die dorp en hoe Montagu sy probleme aanpak, en of daar lesse te leer is vir ander dorpe. Ons ontmoet twee inwoners wat elk op haar eie manier ‘n verskil maak aan dorpenaars se lewens.
Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Ep 80: Parys se water-treurmare met rioolbesoedeling duur voort

Ons fokus op Parys en die stappe wat Afriforum en dorpenaars doen om die verantwoordelike munisipaliteit sover te kry om skoon water aan die dorp en omgewing te lewer. Die water is tans met riool besoedel, en die die munisipaliteit skuld ‘n klein fortuin aan Eskom, wat tot strafkrag lei.
Bome op die dorp is in bedwang gebring en die takke is weggery.

Ep 78: Oos-Kaapse dorp aan’t skoon- en groenmaak

In Parys gaan dit nie goed met riool in die water nie. Die Sondagsriviervallei is bekroon vir sy skoonmaak- en groenmaakprojekte wat besig is om vlerke te kry, en kan die munisipaliteit ook spog met hulle verbeterde finansiële bestuur.
Ep 77: Die jongste oor Zimbabwiese burgers met ZEP permitte; die Parys-waterkwessie

Ep 77: Die jongste oor Zimbabwiese burgers met ZEP permitte; die Parys-waterkwessie

Wat staan werkgewers van Zimbabwiese burgers met ZEP-permitte wat in Junie 2023 verval, te doen? En waar staan sake om Parys en omstreke van rioolbesette water te red?
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 73: Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit?

Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit? Of hoeveel elektrisiteit in jou gebied deur onwettige verbindings verlore gaan? Of dat herverkopers van krag in jou gebied dalk onbehoorlike winste maak? Ons praat oor kragvoorsieningsfeite wat elke dorpenaar van moet kennis neem.
Ep 72: Kroonstad bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar

Ep 72: Kroonstad bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar

Kroonstad is onlangs bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar nadat ’n groep sakemanne en ander dorpenaars in 2018 besluit het om self in te spring en die dorp se verval om te keer. André van Pletzen, stigterslid van Kroonstad Ignite & Revive, vertel hoe hulle te werk gegaan het en gee raad vir ander dorpe.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp