Argief

Dienste

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.
Die gebied gevul met sonpanele verdwerg die werkers.

Ep 99: Sonkragstelsels: Kies só reg! (Deel 2)

Maak doodseker dat jy ’n goeie installeerder vir jou huis of sakeonderneming se sonkragstelsel kies, want dinge kan skeefloop as een van die honderde nuwe ‘installleerders’ wat oornag opgeskiet het, met jou elektrisiteitswisselstrome karring.
Die gebied gevul met sonpanele verdwerg die werkers.

Ep 98: Sonkragstelsels: Kies só reg! (Deel 1)

Moeg vir beurtkrag? Oorweeg jy ’n sonkragstelsel? Watter sonpanele moet jy kies? En watter battery? Prof Johan Rens, verbonde aan die departement Elektriese, elektroniese en rekenaar-ingenieurswese aan die NWU,  verduidelik wat die opsies is en hoekom sekere keuses beter as ander is.
Die ou stasie lyk weer spoggerig.

Ep 97: Vroue begin Revive Knysna – kyk wat gebeur!

Besorgde vroue van Knysna het besluit om amptelik kragte saam te snoer om Knysna skoon en mooi te maak. Revive Knysna het tot stand gekom, en die sakegemeenskap van die dorp het hulle ondersteun. Nou is parke en tuine al mooi gemaak, die ou stasie-gebou opgeknap en ‘n vervalle bushalte het nuwe lewe gekry.
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Afriforum beplan ‘n nuwe kragentiteit om mense onafhanklik van Eskom te maak. Kallie Kriel vertel dat Projek AfriEnergie in drie fases ontwikkel gaan word.
Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Het Parys al skoon water? En wat van die rioolprobleme by Viljoenskroon? En wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?
Die waterbessieboom aard naby water. Maar die Kaapse watertafel is so hoog dat dit selfs op die Vlakte groei.

Ep 94: Watter straatbome is beste vir die Strandveld-gebied, die fynbosgebied en vir kusdorpe?

Watter straatbome is beste vir die Strandveld-gebied, die fynbosgebied en vir kusdorpe? En hoekom is maatskaplike dienste, sekere skole en die polisiediens op die dorp ondoeltreffend of eintlik afwesig?
Kirkwood

Ep 93: ’n Onderwyseres en van haar kollegas het ingespring en ’n biblioteek by ’n Afrikaanse staatskool op Kirkwood begin.

’n Onderwyseres en van haar kollegas het ingespring en ’n biblioteek by ’n Afrikaanse staatskool op Kirkwood begin. En, plantkundige Ernst van Jaarsveld gesels oor bome.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 92: ‘Omheinde’ fondse, betaalmeesters en identifisering van korruptes om munisipaliteite om te draai

Sakeliga is met verskeie hofsake aan die veg om munisipale verval te probeer omkeer. Hulle pak Eskom in die hof oor ongereguleerde lasvermindering wat ook betalende kragverbruikers benadeel.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 91: Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem? (Deel 2)

Stel jou voor: Informele nedersettings, oftewel plakkerskampe, wat netjies uitgelê is met toeganklike paaie en strate, kleuterskole, gemeenskapsale en spaza-winkels op beplande plekke, en netjiese goed geventileerde supershacks wat nie deur water oorstroom word nie. Die eerste klein proeflopie in ’n probleem-plakkerskamp in Kaapstad wys dit is die wending wat kan waar word in dorpe en stede, en deel van die behuisingsprobleem in ons land kan help oplos.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp