Argief

Munisipale Bestuur en Finansies

Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 82: Grondwet voorsien nie vir die reuse verval in dienste nie

Nuwe regspraak is nodig om gemeenskappe te red van wanfunksionele munisipaliteite, want die Grondwet maak nie voorsiening vir die geweldige verval van dienste wat Suid-Afrika tans beleef nie. Sakeliga takel, saam met gemeenskappe, van die belangrikste kwessies om die verval te probeer omkeer. Onafhanklike betaalmeesters wat geoormerkte geld vir dienslewering, instandhouding en nuwe infrastuktuur kan beskerm, is moontlik deel van die antwoord.
Ep 67: Ons kyk aan die hand van drie ware voorbeelde na tipiese munisipale probleme

Ep 67: Ons kyk aan die hand van drie ware voorbeelde na tipiese munisipale probleme

Tipiese probleme by baie munisipaliteute sluit in waterlekkasie, rioolbesoedeling, wanbesteding, spook-werknemers wat onwettig en nie volgens die organogram aangestel is nie, en powere werketiek en -standaarde. Ons kyk aan die hand van drie ware voorbeelde in die Vrystaat, Laeveld en Oos-Kaap na van die probleme.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 66: Die stand van té veel munisiplaiteite in die land is gewoon power

Die stand van té veel munisiplaiteite in die land is gewoon power. Ons kyk na die bevindinge van die ouditeur-generaal en na ’n samestelling van reaksie op die ouditverslae uit RSG-onderhoude deur Gustav Greyling, Udo Carelse en Mariëtta Kruger wat eerste op Op en Wakker, Monitor en Naweekaktueel gehoor is.
Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Ep 64: Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou?

Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou? Marí Hudson praat met dr. Harlan Cloete, en hy draai nie doekies om nie, oor wat van munisipaliteite verwag word, hoe goeie leiers behoort op te tree en hoe elke gemeenskapslid betrokke kan raak.
Ep 57: Eiendomsbelasting op wildsplase, ouetehuise, woonstelle en kommunes kan drasties verhoog

Ep 57: Eiendomsbelasting op wildsplase, ouetehuise, woonstelle en kommunes kan drasties verhoog

Eienaars van wildsplase, en ook woonstel- en kommunebewoners en ouetehuise, moet hulle regmaak vir yslike verhogings in eiendomsbelasting. Mangaung beplan om wildsplase se eiendomsbelasting vyftienvoudig te verhoog, en in Gauteng kan eiendomsbelasting vir woonstelle, kommunes en ouetehuise minstens verdubbel. Hierdie verhogings kan dalk binnekort ook in die hele land geld.
Ep 35: Waterregte is inderdaad verhandelbaar; nog oor die gebrek aan regte van grondeienaars teenoor onwettige plakkers

Ep 35: Waterregte is inderdaad verhandelbaar; nog oor die gebrek aan regte van grondeienaars teenoor onwettige plakkers

Waterregte is inderdaad verhandelbaar; dwelmprobleme in dorpe; hoe ’n munisipaliteit van vrotsig tot toppresteerder gevorder het; en nog ’n aspek van die gebrek aan regte van grondeienaars teenoor onwettige plakkers.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 34: Jou wyksraadslid móét aan jou verslag doen

Die verkiesing is verby, en dorpenaars het ’n nuwe kans om hulle deelname- en waghondrol te vervul om te verseker dat hulle munisipaliteit die regte dinge doen. Jou wyksraadslid is jou “public servant” en móét aan jou verslag doen.
Ep 31: Inwoner, maak só seker dat jou munisipaliteit dienste lewer

Ep 31: Inwoner, maak só seker dat jou munisipaliteit dienste lewer

Die gemeenskap het ’n groot rol te speel in wat in hulle dorpe aangaan en om te verseker dat die munisipaliteit dienste lewer. Dr. Harlan Cloete vertel hóé. Maak dit deel van jou planne ná die verkiesing.
An informal settlement near Lenasia in south Johannesburg, South Africa.SIPHIWE SIBEKO / REUTERS

Ep 30: Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/stede (Deel 2)

Dorpe en munisipaliteite se hande is nie afgekap as dit by die verwydering van onwettige grondbesetters kom nie. Vroeë optrede, aanpassings in munisipale regulasies om die Paai-wetgewing se gapings te ondervang, en vroegtydige beplanning is deel van die oplossing. ’n Nuwe behuisings-aanslag is ook nodig om dorpe meer funksionerend te maak.
Ep 3: Elke munisipaliteit MOET dié pligte nakom

Ep 3: Elke munisipaliteit MOET dié pligte nakom

In die derde program fokus ons op die verantwoordelikhede en pligte van ’n munisipaltiteit. Ons vind uit dat die heel eerste stap van ’n inwoner is om die probleme punt vir punt skriftelik onder die munisipaliteit se aandag te bring, saam met foto’s en video’s.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp