Argief

streke

Vetstingeldruif (Cissus cactiformis)

Ep 68: Plante groei selfs in die woestyn

Plante groei selfs in die woestyn. Plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld deel verstommende inligting oor die Welwitchia, die oudste plant op ons planeet in die oudste woestyn op aarde, die Namib. Dié plant kan 1500 jaar oud word! Mari Hudson gesels met dr. Van Jaarsveld, wat ook vertel hoe dié plant gekweek kan word vir woestyntuine.
Fynblaarysterhout (Ochna serrulata)

Ep 63: Die beste straatbome vir die fynbos-bioom

Die kanferbos, wildepruim, waterbessie, olienhout en Kaapse kastaiing is enkele van die bome wat goeie straatbome sal maak in die fynbos-streek. Vind ook meer uit die trots van Suid-Afrika, die protea-familie. Mari Hudson gesels met plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld oor geskikte plante vir jou dorp en streek.
Basboom (Dais cotinifolia)

Ep 43: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 1)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 1: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp