Ep 32: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 1)

Ep 32: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 1)

Beskrywing:

In dié uitsending van My Mooi Dorp, word drie onderwerpe bespreek.

Eerstens gesels Mari Hudson verder met Peter Wassenaar, van die Pretoriase regsfirma Kriek, Wassenaar en Venter Ingelyf oor die regsbeginsels wat geld met Onwettige grondbesetting.

Tweedens word die probleem van kabeldiefstal in dorpe bespreek. Dié misdaad is algemeen in dorpe en stede en affekteer kragvoorsiening, waterpompstasies en laat selfs dat riool in strate loop omdat die pompe nie kan werk nie. Die vraag word gevra om spesialis polisie-eenhede nie noodsaaklik is om dié sindikate te ondersoek nie.

Dan gee ons ook inligting oor ‘n naweekfees op Addo in die Sondagsriviervallei om ná 18 maande van inperkings weer toeriste na ’n dorp te lok.

Van hierdie inligting kan dalk jóú dorp help.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Meer oor die Ama-Zing Addo naweekfees:

Padkaart na Amazing Addo. Die R335 is die pad van die Baai na die Addo Olifantpark, en die R336 is die pad van Kirkwood deur die Sondagsriviervallei. Plekke 4, 5 en 6 is die kern van die fees.
Padkaart na Amazing Addo. Die R335 is die pad van die Baai na die Addo Olifantpark, en die R336 is die pad van Kirkwood deur die Sondagsriviervallei. Plekke 4, 5 en 6 is die kern van die fees.

Die Ama-Zing Addo program 29, 30 en 31 Oktober

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.