Argief

Algemeen

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.
Die berge om Montagu het besonderse kleure, buigings en verwringings

Ep 85: Wat doen netjiese Montagu reg?

Ons besoek die mooi en netjiese dorp Montagu net anderkant Ashton. Ons kyk wat reg loop in die dorp en hoe Montagu sy probleme aanpak, en of daar lesse te leer is vir ander dorpe. Ons ontmoet twee inwoners wat elk op haar eie manier ‘n verskil maak aan dorpenaars se lewens.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 82: Grondwet voorsien nie vir die reuse verval in dienste nie

Nuwe regspraak is nodig om gemeenskappe te red van wanfunksionele munisipaliteite, want die Grondwet maak nie voorsiening vir die geweldige verval van dienste wat Suid-Afrika tans beleef nie. Sakeliga takel, saam met gemeenskappe, van die belangrikste kwessies om die verval te probeer omkeer. Onafhanklike betaalmeesters wat geoormerkte geld vir dienslewering, instandhouding en nuwe infrastuktuur kan beskerm, is moontlik deel van die antwoord.
Ep 77: Die jongste oor Zimbabwiese burgers met ZEP permitte; die Parys-waterkwessie

Ep 77: Die jongste oor Zimbabwiese burgers met ZEP permitte; die Parys-waterkwessie

Wat staan werkgewers van Zimbabwiese burgers met ZEP-permitte wat in Junie 2023 verval, te doen? En waar staan sake om Parys en omstreke van rioolbesette water te red?
Ep 72: Kroonstad bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar

Ep 72: Kroonstad bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar

Kroonstad is onlangs bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar nadat ’n groep sakemanne en ander dorpenaars in 2018 besluit het om self in te spring en die dorp se verval om te keer. André van Pletzen, stigterslid van Kroonstad Ignite & Revive, vertel hoe hulle te werk gegaan het en gee raad vir ander dorpe.
Potholes in SA Image by BusinessTech

Ep 71: Besoedelde water en slaggate is die minste van die probleme SA se dorpe

Hoe gaan dit met dorpe in die Mooirivier-streek? Dit gaan maar vrotsig in Klerksdorp, Sasolburg en Parys en selfs Potchefstroom. Besoedelde water en slaggate is die minste van die probleme.
Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Ep 64: Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou?

Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou? Marí Hudson praat met dr. Harlan Cloete, en hy draai nie doekies om nie, oor wat van munisipaliteite verwag word, hoe goeie leiers behoort op te tree en hoe elke gemeenskapslid betrokke kan raak.
Somerset-Oos Lê aan die voet van die Boschberg

Ep 49: ‘n Wêreldklas ‘Tech Hub’…in die Karoo

n Wêreldgehalte ateljee wat reklame-video’s vervaardig vir die internasionale mark. Onverwags, want die dorp is Somerset-Oos, die Oos-Kaapse dorp aan die Boschberg, en deel van die ruigteveld. Die ateljee staan bekend as die ‘Karoo Tech Hub’. Dié breinkind van twee voormalige inwoners van Somerset-Oos, verskaf werk aan 39 mense, byna almal in hul twintigerjare.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 34: Jou wyksraadslid móét aan jou verslag doen

Die verkiesing is verby, en dorpenaars het ’n nuwe kans om hulle deelname- en waghondrol te vervul om te verseker dat hulle munisipaliteit die regte dinge doen. Jou wyksraadslid is jou “public servant” en móét aan jou verslag doen.
Ep 33: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 2)

Ep 33: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 2)

Die regsbeginsels wat geld met onwettige grondbesetting, die probleem van kabeldiefstal en ’n naweekfees om weer toeriste na ’n dorp te lok ná die inperkings, kan in die program gehoor word. Van hierdie inligting kan dalk jóú dorp help.
Ep 32: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 1)

Ep 32: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 1)

In dié uitsending van My Mooi Dorp, word drie onderwerpe bespreek. Eerstens gesels Mari Hudson verder met Peter Wassenaar, van die Pretoriase regsfirma Kriek, Wassenaar en Venter Ingelyf oor die regsbeginsels wat geld met Onwettige grondbesetting.
Ep 2: Jy hét baie magte

Ep 2: Jy hét baie magte

In die tweede program fokus ons op die feit dat ons meer magte het om dinge te verander as wat ons besef, en ook op basiese, volhoubare sakebeginsels. Ons kyk na spaza winkels en shisamyamas as voorbeelde.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp