Argief

behuising

Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 91: Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem? (Deel 2)

Stel jou voor: Informele nedersettings, oftewel plakkerskampe, wat netjies uitgelê is met toeganklike paaie en strate, kleuterskole, gemeenskapsale en spaza-winkels op beplande plekke, en netjiese goed geventileerde supershacks wat nie deur water oorstroom word nie. Die eerste klein proeflopie in ’n probleem-plakkerskamp in Kaapstad wys dit is die wending wat kan waar word in dorpe en stede, en deel van die behuisingsprobleem in ons land kan help oplos.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 90: Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem? (Deel 1)

Die konsepte van humantêre argitektuur en naas-stedelike ontwerp en beplanning vir plakkerskampe, kan vir die armste mense ’n menswaardige tuiste skep. Quntin Adams vertel meer hieroor. Ons stel ook vas hoekom lasvermindering-kragonderbrekings deur Eskom onwettig is.
Die vier jong Noorweegse argitekte by Quinton Adams (tweede van regs). Van links na regs is Thurwald, Lukas, Ari en Gabriel.

Ep 79: 4 Noorweegse argitekte wil help om oplossings vir informele behuising te vind

Vier jong Noorweegse argitekte is in Suid-Afrika om saam met die Shackbuilder te werk en na verdere oplossings vir bouwerk vir informale behuising te soek. Hulle vertel van enkele idees wat in Noorweë en Frankryk werk, wat moontlik hier toegepas kan word.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 56: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! (Deel 2)

Dorpe: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! Deel 2: Die Shackbuilder, Quinton Adams, bou nie net sterk, soliede, koeler shacks nie, maar lei ook werkloses op om hierdie strukture op te rig. By die Backyard Varsity leer werkloses nie net die die vaardighede aan om bouwerk te doen nie, maar ook om kosteberekenings te maak en goed te beplan.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 55: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! (Deel 1)

Dorpe: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! Deel 1: Met letterlik miljoene mense in Suid-Afrika wat in plakkerkampe bly, maak Quinton Adams, bekend as die Shack Bouer, ’n verskil aan die huisvesting van mense in die informele nedersettings. Hy is een van die doeners wat dinge laat gebeur. Hy bou nie net stewige shacks nie, maar lei ook mense op om dié strukture in hulle eie dorpe op te rig.
An informal settlement near Lenasia in south Johannesburg, South Africa.SIPHIWE SIBEKO / REUTERS

Ep 30: Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/stede (Deel 2)

Dorpe en munisipaliteite se hande is nie afgekap as dit by die verwydering van onwettige grondbesetters kom nie. Vroeë optrede, aanpassings in munisipale regulasies om die Paai-wetgewing se gapings te ondervang, en vroegtydige beplanning is deel van die oplossing. ’n Nuwe behuisings-aanslag is ook nodig om dorpe meer funksionerend te maak.
An informal settlement near Lenasia in south Johannesburg, South Africa.SIPHIWE SIBEKO / REUTERS

Ep 29: Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/stede (Deel 1)

Onder huidige Ramptoestandmaatrëels wat al 18 maande van krag is, is die verwydering van onwettige plakkerstrukture ’n groter kopseer as ooit. Maar Munisipaliteite en stadsrade se hande is nie afgekap nie. Ons het gaan vasstel wat ’n dorp of stad kan doen, en dat hoe gouer opgetree word, des te beter.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp