Argief

Hoogtepunte

Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Sakeliga het ‘n ultimatum vervat in ‘n brief aan Eskom gestuur waarin hulle eis dat strafkrag (geteikende kragvermindering) onmiddellik gestaak word omdat dit veral boere en die sakegemeenskap benadeel.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 55: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! (Deel 1)

Dorpe: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! Deel 1: Met letterlik miljoene mense in Suid-Afrika wat in plakkerkampe bly, maak Quinton Adams, bekend as die Shack Bouer, ’n verskil aan die huisvesting van mense in die informele nedersettings. Hy is een van die doeners wat dinge laat gebeur. Hy bou nie net stewige shacks nie, maar lei ook mense op om dié strukture in hulle eie dorpe op te rig.
Somerset-Oos Lê aan die voet van die Boschberg

Ep 49: ‘n Wêreldklas ‘Tech Hub’…in die Karoo

n Wêreldgehalte ateljee wat reklame-video’s vervaardig vir die internasionale mark. Onverwags, want die dorp is Somerset-Oos, die Oos-Kaapse dorp aan die Boschberg, en deel van die ruigteveld. Die ateljee staan bekend as die ‘Karoo Tech Hub’. Dié breinkind van twee voormalige inwoners van Somerset-Oos, verskaf werk aan 39 mense, byna almal in hul twintigerjare.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp