Argief

munisipale dienste

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 66: Die stand van té veel munisiplaiteite in die land is gewoon power

Die stand van té veel munisiplaiteite in die land is gewoon power. Ons kyk na die bevindinge van die ouditeur-generaal en na ’n samestelling van reaksie op die ouditverslae uit RSG-onderhoude deur Gustav Greyling, Udo Carelse en Mariëtta Kruger wat eerste op Op en Wakker, Monitor en Naweekaktueel gehoor is.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 34: Jou wyksraadslid móét aan jou verslag doen

Die verkiesing is verby, en dorpenaars het ’n nuwe kans om hulle deelname- en waghondrol te vervul om te verseker dat hulle munisipaliteit die regte dinge doen. Jou wyksraadslid is jou “public servant” en móét aan jou verslag doen.
Ep 31: Inwoner, maak só seker dat jou munisipaliteit dienste lewer

Ep 31: Inwoner, maak só seker dat jou munisipaliteit dienste lewer

Die gemeenskap het ’n groot rol te speel in wat in hulle dorpe aangaan en om te verseker dat die munisipaliteit dienste lewer. Dr. Harlan Cloete vertel hóé. Maak dit deel van jou planne ná die verkiesing.
An informal settlement near Lenasia in south Johannesburg, South Africa.SIPHIWE SIBEKO / REUTERS

Ep 30: Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/stede (Deel 2)

Dorpe en munisipaliteite se hande is nie afgekap as dit by die verwydering van onwettige grondbesetters kom nie. Vroeë optrede, aanpassings in munisipale regulasies om die Paai-wetgewing se gapings te ondervang, en vroegtydige beplanning is deel van die oplossing. ’n Nuwe behuisings-aanslag is ook nodig om dorpe meer funksionerend te maak.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp