Argief

mymooidorop

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 23: Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef? (Deel 1)

Hierdie episode fokus op twee dele: Lesse wat reeds geleer is deur dr. Braam Hanekom en sy groep, en die eerste insette oor hoe elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en streke werk.
Ep 22: Jy kan nie beplan sonder betroubare data nie

Ep 22: Jy kan nie beplan sonder betroubare data nie

Dis baie moeilik om behoorlik dienste in ’n dorp te beplan sonder betroubare data. Die inligting uit die 2011 sensus is eenvoudig te oud. Voorts is inligting noodsaaklik vir toekomsbeplanning, en ook om misdaad hok te slaan. Marí Hudson praat hieroor met ’n kenner in data- en risikostrategie.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 21: Is jy plunderaar, passiewe toeskouer of probleem-oplosser? (Deel 2)

Die eerste stadium van die proses om ’n dorp en gemeenskap suksesvol te maak, verg baie geduld. Dit behels die verandering van gesindhede, nuwe maniere van probleemoplossing en ’n gesamentlike visie. Dan eers kan die groot ontwikkelingswerk in ’n gemeenskap begin. En as ’n dorp dán losstrek, sal almal verras wees.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 20: Is jy plunderaar, passiewe toeskouer of probleem-oplosser? (Deel 1)

Hoe werk die proses om leierskap te ontwikkel en mense anders te laat dink oor probleemoplossing? Is daar ’n ander manier van dink en doen as revolusionêr of om Gods water oor Gods akker te laat loop? Is jy bloot ’n plunderaar of ’n passiewe toeskouer, of is daar ’n ander manier van dink en doen?
Ep 19: Ons is nie almal só nie, ons wil sáám opbou

Ep 19: Ons is nie almal só nie, ons wil sáám opbou

Mari Hudson staan ’n oomblik stil ná die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal, en skep moed uit boodskappe van voormalige opstokers wat nou anders dink oor probleemoplossing.
Ep 18: 40 Dorpe besoek: hoe is verandering volhoubaar?

Ep 18: 40 Dorpe besoek: hoe is verandering volhoubaar?

Mari Hudson steek kers op by ’n groep wat al meer as 40 dorpe besoek het om te probeer help. Wat het hulle teëgekom? Hoe word hulp en verandering volhoubaar?
Ep 15: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 1)

Ep 15: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 1)

Jou reg tot skoon water is in die Grondwet verskans, tog laat baie munisipaliteite hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Marí Hudson praat met die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei, wat dié vallei se water uiters doeltreffend bestuur, maar die dinge dan by munisipaliteit skeef loop.
Ep 14: Ontmoet die taxibaas van Kirkwood

Ep 14: Ontmoet die taxibaas van Kirkwood

Marí Hudson gesels met ’n jong taxibaas van die Sondagsriviervallei oor sy droom om die taxibedryf meer professioneel en respekvol te maak. Ken jy die taximense op jou dorp? Verstaan jy die toet-toet en stop-stop optredes?
Ep 13: Theo Bezuidenhout, die kopskuiwer van die vallei

Ep 13: Theo Bezuidenhout, die kopskuiwer van die vallei

Hoe help jy om leiers te ontwikkel? Hoe help jy mense om nuut te dink om nuwe oplossings vir ou probleme te vind? Mari Hudson praat met ‘n kopskuiwer, en jy kry ’n voorsmakie van ‘n gesprek met ’n jong taxibaas van die Sondagsriviervallei.
Ep 12:  Cloud Jovuka – Van aktivis tot leier

Ep 12:  Cloud Jovuka – Van aktivis tot leier

Hoor hoe Cloud Jovuka se siening van sake verander het – van woedende aktivis tot ’n man wat luister en lei.
Ep 11: Ontmoet Sanele en Cloud

Ep 11: Ontmoet Sanele en Cloud

Mari Hudson stel jou voor aan twee opbouende leiersfigure van die Sondagsriviervallei wat eens opstokende aktiviste was. Ons deel ook inligting oor die sinvolste manier om as onafhanklike kandidaat te staan in die munisipale verkiesing

Verken

Kies jou dorp of onderwerp