Mari Hudson stel jou voor aan ’n sakeman van Kirkwood, en ons hoor wat die sitrusboere van die Sondagsriviervallei doen, en dit is veel meer as om rioolpompe in stand te hou.
Mari Hudson stel jou voor aan nog inwoners van Kirkwood en die Sondagsriviervallei. Identifiseer saam met ons die probleme in jou dorp, en stap die pad saam met ons om dit op te los.
In die agste program deel ’n kundige die belangrikste raad wat sal bepaal of jy kan help om jou dorp beter funksionerend te maak. En ons stel jou voor aan Kirkwood en die Sondagsriviervallei, en van sy inwoners.
Die program is daarop gemik om dorpe te help om weer of vir die eerste keer, modeldorpe te word. In die sesde program brei ons verder uit oor die eerste stappe om samewerking tussen die gemeenskappe en hulle munisipaliteite te bewerkstellig.
In die vyfde program fokus ons op hoe inwoners te werk kan gaan om die eerste stappe te doen. Gesprekke met gemeenskappe en gemeenskapsleiers van alle sektore is die eerste stap.
In die tweede program fokus ons op die feit dat ons meer magte het om dinge te verander as wat ons besef, en ook op basiese, volhoubare sakebeginsels. Ons kyk na spaza winkels en shisamyamas as voorbeelde.
Ek stel die doelwitte van die program bekend, gesels met Petrus de Kock, wat ‘n oorsig gee oor die stand van dorpe in ons land, en ek nooi dorpe om ons te vertel van hul suksesvolle projekte.