Argief

regte

Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 82: Grondwet voorsien nie vir die reuse verval in dienste nie

Nuwe regspraak is nodig om gemeenskappe te red van wanfunksionele munisipaliteite, want die Grondwet maak nie voorsiening vir die geweldige verval van dienste wat Suid-Afrika tans beleef nie. Sakeliga takel, saam met gemeenskappe, van die belangrikste kwessies om die verval te probeer omkeer. Onafhanklike betaalmeesters wat geoormerkte geld vir dienslewering, instandhouding en nuwe infrastuktuur kan beskerm, is moontlik deel van die antwoord.
Ep 35: Waterregte is inderdaad verhandelbaar; nog oor die gebrek aan regte van grondeienaars teenoor onwettige plakkers

Ep 35: Waterregte is inderdaad verhandelbaar; nog oor die gebrek aan regte van grondeienaars teenoor onwettige plakkers

Waterregte is inderdaad verhandelbaar; dwelmprobleme in dorpe; hoe ’n munisipaliteit van vrotsig tot toppresteerder gevorder het; en nog ’n aspek van die gebrek aan regte van grondeienaars teenoor onwettige plakkers.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 34: Jou wyksraadslid móét aan jou verslag doen

Die verkiesing is verby, en dorpenaars het ’n nuwe kans om hulle deelname- en waghondrol te vervul om te verseker dat hulle munisipaliteit die regte dinge doen. Jou wyksraadslid is jou “public servant” en móét aan jou verslag doen.
Ep 33: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 2)

Ep 33: Onwettige grondbesetting; kabeldiefstal; ‘n naweekfees (Deel 2)

Die regsbeginsels wat geld met onwettige grondbesetting, die probleem van kabeldiefstal en ’n naweekfees om weer toeriste na ’n dorp te lok ná die inperkings, kan in die program gehoor word. Van hierdie inligting kan dalk jóú dorp help.
An informal settlement near Lenasia in south Johannesburg, South Africa.SIPHIWE SIBEKO / REUTERS

Ep 29: Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/stede (Deel 1)

Onder huidige Ramptoestandmaatrëels wat al 18 maande van krag is, is die verwydering van onwettige plakkerstrukture ’n groter kopseer as ooit. Maar Munisipaliteite en stadsrade se hande is nie afgekap nie. Ons het gaan vasstel wat ’n dorp of stad kan doen, en dat hoe gouer opgetree word, des te beter.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp