Argief

sonkrag

Die gebied gevul met sonpanele verdwerg die werkers.

Ep 99: Sonkragstelsels: Kies só reg! (Deel 2)

Maak doodseker dat jy ’n goeie installeerder vir jou huis of sakeonderneming se sonkragstelsel kies, want dinge kan skeefloop as een van die honderde nuwe ‘installleerders’ wat oornag opgeskiet het, met jou elektrisiteitswisselstrome karring.
Die gebied gevul met sonpanele verdwerg die werkers.

Ep 98: Sonkragstelsels: Kies só reg! (Deel 1)

Moeg vir beurtkrag? Oorweeg jy ’n sonkragstelsel? Watter sonpanele moet jy kies? En watter battery? Prof Johan Rens, verbonde aan die departement Elektriese, elektroniese en rekenaar-ingenieurswese aan die NWU,  verduidelik wat die opsies is en hoekom sekere keuses beter as ander is.
Die MBR sonplaas

Ep 84: Met die COP27 beraad wat tans in Egipte gehou word, kyk ons na die stand van sonenergie-opwekking

Met die COP27 beraad wat tans in Egipte gehou word, kyk ons na die stand van sonenergie-opwekking. Sonnige Suid-Afrika is ver agter hiermee, nie net wat groot sonplase betref nie, maar ook wat sonpaneeltegnologie vir huise en vir groot sonplaasaanlegte betref.
Ep 83: Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander

Ep 83: Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander

Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander. Sonplase moet opgerig word, maar wat moet die regering en besluitnemers weet van sonplase en sonenergie? Suid-Afrika sal nié ekonomies kompeterend kan wees as ons nie die jongste tegnologie sonpanele inspan nie. ’n Internasionale kenner vertel meer.
Die grootste sonplaas ter wêreld buite Dubai.

Ep 28: Wat moet SA doen om moderne en goedkoper sonkrag te verskaf?

Wat moet Suid-Afrika doen om moderne sonplase te bou om goedkoper sonkrag te lewer as Eskomkrag, en mededingend te bly in die wêreldekonomie. Marí Hudson gesels met Prof Vivian Alberts, een van die wêreld se voorste sonkragkenners.
The R&D centre is a part of the Mohammed bin Rashid AL Maktoum Solar Park , the largest single-site solar park in the world based on the Independent Power Producer (IPP) model , The Centre focuses on four areas of research including producing electricity from solar power and other clean energy technologies; the integration of smart grids; energy efficiency, and water. The R&D Centre covers over 4,400 square metres. Building-Integrated Photovoltaic Panels (BIPV) are installed on outer walls of the Centre to produce electricity from clean solar power. It also includes various labs and workshops such as a solar-radiation simulation lab, electronics lab, mechanical lab and chemicals lab. It has outdoor testing facilities to study the performance and reliability of solar panels. The Centre includes a 3d printed lab, this is the first building in the UAE to be fully-printed onsite, and the first such 3D-printed laboratory building in the world.

Ep 27: Moderne sonenergie-aanleg in Mauritius; hoekom nie in SA?

Waarom word ’n moderne sonenergie-aanleg in Mauritius gebou en nie in Suid-Afrika nie? Hoe raak die gebrek aan mega-sonplase in Suid-Afrika, mense in dorpe? Marí Hudson het die antwoorde gaan soek.
Die MBR sonplaas

Ep 26: Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas

As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie sonaanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies, en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Moderne sonenergieaanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en sal nog beter en goedkoper word. Suid-Afrika moet baie vinnig wakker skrik.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp