Ep 26: Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas

Die MBR sonplaas

Beskrywing:

As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie sonaanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies, en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Moderne sonenergieaanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en sal nog beter en goedkoper word. Suid-Afrika moet baie vinnig wakker skrik.

Moderne son-energie aanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer nou elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en gaan nog beter en goedkoper word. Ons land moet baie vinnig wakker skrik.

Dié waarskuwing word gerig deur Prof Vivian Alberts, een van die wêreld se voorste navorsers en kenners op die gebied van son-energie. Hy is tans hoof van Navorsing en Ontwikkeling by DEWA in Dubai, by die die wêreld se mees moderne sonenergie fasiliteit en die grootste sonplaas ter wêreld waar reeds 900megawatt energie opgewek word en die mikpunt 5 Gigawatt is.

Ep 26: Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas
Prof Vivian Alberts

Die vraag is inderdaad: waarom sal ‘n internasionale maatskappy Suid-Afrika kies vir ‘n vervaardigingsaanleg as ons elektrisiteit wat steeds hoofsaaklik van steenkool- en kernkrag afkomstig is en dus 10 tot 20 maal duurder is as elektrisiteit in lande (selfs soos Mexiko) wat baie verder gevorder is met moderne son-energie?

Die Regering se onbegrip van die negatiewe langtermyn gevolge vir Suid-Afrika se ontwikkeling en ekonomie weens die trae en gebrekkige uitrol van moderne son-energie fasiliteite met Regeringsteun, is sorgwekkend.

Ep 26: Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas

Hier word nie gepraat van sonpanele op jou huis se dak nie (wat ook nie aan moderne tegnologie vereistes voldoen nie, en ook nooit goedkoper krag sal lewer as dit steeds van ander lande ingevoer moet word nie, wat beteken dat individuele verbruikers dus ook uitgelewer is weens die Regering se gebrek aan aksie) maar aan son-aanlegte in die orde van Koeberg, Medupi, Kusili en ander lande se mega-aanlegte.

Het Suid-Afrika reeds die moderne son-energie trein verpas, sodat ons nooit weer in toekoms globaal mededingend kan wees betreffende elektrisiteitskoste nie?

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Agtergrond-inligting oor DEWA

Kyk na die ontwikkeling van die wêreld se grootste enkel-gebied sonplaas net buite Dubai:

https://www.dewa.gov.ae/en/about-us/strategic-initiatives/mbr-solar-park/research-and-development-centre

Die wêreld se grootste sonplaas kan in die agtergrond gesien word.
Die wêreld se grootste sonplaas kan in die agtergrond gesien word.

https://www.dewa.gov.ae/en/about-us/strategic-initiatives/mbr-solar-park

Ander dele van die wêreld spog ook reeds met reuse sonenergie-plase: https://edition.cnn.com/style/article/mbr-solar-park-dubai-desert-intl/index.html

Hoe kies jy die beste sonpanele in SA?

Prof Vivian Alberts antwoord:
Oor son-aanlegte en sonplase betreffende nuwe tegnologie (wat nie in SA beskikbaar is nie): Die beskikbaarheid van die nuutste tegnologie in SA sal bepaal word deur die land se vermoë om lokale kundigheid te ontwikkel en om lewensvatbare industrieë te vestig. Dit is nie onmoontlik nie, maar die huidige regerinsbeleid sal drasties aangepas moet word om die ontwikkeling in groen tegnologieë te stimuleer. Tot nou toe was daar net leë beloftes en/of skadelike optrede teen die oprigting van lokale PV vervaardigingsaanlegte.

Op jou huis se dak: Vir huishoudelike toepassings moet jy navors wat in die mark beskikbaar is. Omskakelingseffektiwiteit moet bo 20% wees met waarborge rondom tussen 20 -25j.

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.