Ep 49: ‘n Wêreldklas ‘Tech Hub’…in die Karoo

Somerset-Oos Lê aan die voet van die Boschberg

‘n Wêreldklas ‘Tech Hub’…in die Karoo

Wat mens hier vind is onverwags. ’n Wêreldgehalte ateljee wat reklame-video’s vervaardig vir die internasionale mark. Onverwags, want die dorp is Somerset-Oos, die Oos-Kaapse dorp aan die Boschberg, en deel van die ruigteveld. Die ateljee staan bekend as die ‘Karoo Tech Hub’. Dié breinkind van twee voormalige inwoners van Somerset-Oos, verskaf werk aan 39 mense, byna almal in hul twintigerjare.


Mari Hudson gesels in My Mooi Dorp met Roslynne Strydom, hoof van Finansies van dié ateljee.

Roslynne Strydom van Piehole.tv
Dr. Petrus de Kock

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

So het die gemeenskap onder leiding van Concerned Businessmen and women van Kroonstad, met die samewerking van die Munisipaliteit, dié streeksdorp verfraai.

Meer inligting oor die Karoo Tech Hub

Maar hier is ook ‘n skakel na Piehole se portefeulje:

https://piehole.tv/piehole-tv-portfolio/

En 2 blog posts as dit van belang is

https://piehole.tv/new-office-middle-nowhere/

https://piehole.tv/piehole-is-10/

Die eienaars is broer en suster George Groves & Priscilla Kennedy.

As jy deur Somerset-Oos ry of meer wil uitvind van die ‘Karoo Tech Hub’, kontak
Roslynne Strydom
+14152873566

www.piehole.tv

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.