Ep 62: Te veel water vermors en swak bestuur

Ep 62: Te veel water vermors en swak bestuur

Te veel water vermors en swak bestuur

Ep 62: Te veel water vermors en swak bestuur

Nelson Mandelabaai het ernstige waterprobleme. Die metropool mors byna een-derde van sy water, terwyl dit moontlik is om water so goed te bestuur dat slegs sowat 8-persent in oop kanale verlore gaan.

Ons kyk na hoe waterstelsels bymekaar ineenskakel en dat ons land nie langer swak waterbestuur en -beplanning kan bekostig nie – nie in stede nie en nie op die platteland nie.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Doeltreffende bestuur van water is van kardinale belang in ons land. Te veel munisipaliteite in ons land bestuur waterbronne swak tot hopeloos, met gebrekkige instandhouding en beplanning. Al meer regs-aksies waar gemeenskappe die munisipaliteite op dorps- en streeksvlak tot verantwoording probeer roep, kom onder ons aandag. Waterwese se beplanning die afgelope 30 jaar laat ook baie vrae onstaan. Hoeveel nuwe damme is gebou? Hoeveel nuwe kanale is gebou? Hoeveel damwalle is verhoog? Hoeveel bestaande kanale is voldoende in stand gehou? Heeltemal te min.

Nelson Mandelabaai nader dag zero. Die vermorsing van water in dié metropool plaas boere in Hankey en Patensie onder geweldige druk omdat baie van die water in die omliggende damme aan die stad afgestaan moet word. Die stad kry ook water van die Gariep-dam deur kanale wat deur die Sondagsriviervallei vloei. Maar terwyl die water wat deur vallei vloei en die dorpe en landerye van water voorsien, uitstekend volgens internasionale standaarde bestuur word – al loop dinge soms verkeerd sodra die water aan die munisipaltiteit oorgegee word – is die vermorsing van die kosbare water in die metropool hartverskeurend.

Ek herinner julle in vandag se uitgawe aan die onderhoud oor die waterbestuur in die vallei – en ek fokus op enkele uittreksel – en dan luister ons na ‘n gesprek wat Mariska Spoormaker met MC Botha, ‘n raadslid van die Nelson Mandelabaai Sakekamer, gevoer het oor die naderende dag zero van Nelson Mandelabaai. Terwyl almal asem ophou en hoop vir reën om die Baai van ‘n waterlose toestand te red, wonder mense wat die ekonomiese impak van die waterkrisis sal wees, nie net in die teenwoordige tyd nie, maar ook die toekoms, want só iets skrik seker potensiële beleggers af.

Kom leer uit die lesse van die vallei, en moedig jou munisipaliteit aan om na kundiges se raad te luister.

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.