Ep 61: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 3) | Plant só vir mooi strandveld- en kustuine

Perdeskoenmalva – Pelargonium Zonale

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 3

Hoewel soutbelaaide seewinde die Strandveld se plante heen en weer waai, is daar inderdaad bome en plante wat wel hier aard en groei. Mense wat probeer tuin maak by hulle strandhuise kan ook luister, want dié plante is ook geskik vir kus- en strandtuine met sanderige grond en seewind. Mari Hudson gesels met dr. Ernst van Jaarsveld oor die Strandveld se plantegroei.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Struike

Spekboom (Portulacaria afra) en kerkei (crassula ovata), Syselbos (Plumbago auriculata), Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis), geelkeur (Calpurnea aurea), wilde-als (Artemisia afra), stokroos (Anisodontea jullii), balbossie (Gomphocarpus physocarpa), steenbokmelkbos (Gomphostigma fruticosa), bergkatbos ( Asparagus laricinus), rivierkatbos (Ä. virgatus), lemoendoring (Cassinopsis ilicifolia), deurmekaarbos (Ehretia rigida), noemnoem (Carissa bispinosa), Jakkalsbos (Diospyros austro-africana),  berg-swartbas (D. scarbrida), ystertoppies (Dodonaea viscosa), hardeblaar gwarrie (Eulea divinorum), bloughwarrie (E. crispa), harpuismagriet (Euryops chrysanthemodies),  kruisbessie (Grewia occidentalis), karoo-kruisbessie (Grewia robusta), wilde-dagga (Leontis leonorus), klokkies-pendoring (Gymnosporia tenuispina), geelgranaat (Rhigozum obovatum), wildevlier (Nuxia congesta), septemberbossie (Polygala myrtifolia), witkershout (Pterocelasturs echinatus),  kankerbossie (Sutherlandia frutescens). Die grootplakkie (Cotyledon velutina) word om en by 3 soms to 4 m hoog, die grootste Cotyledon soort in die wêreld. Ranksaffraan (Lauridia tetragona), speldedoring (Azima tetracantha), kleinblaar gwarrie (Euclea undulata) Slangbessie (Lycium ferocissimum), Nahoon sonbekkiebos (Metarungia galpinii), stokmalva (Pelargonium tetragonum), valspendoring (Putterlickiai pyracantha), vygieharpuis (Curio ficoides) en die dassieharpuis (C. talinoides).

Rank en klimplante

Kei-beesklou (Bauhinia bowkerii), rankaalwyn (Aloiampelos ciliaris), haaksoring aspersie (Asparagus racemosus), Boesmanpyp (Ceropegia ampliata), Slanghapie (Ceropegia stapeliiformis), rankplakkie Cotyedon adscendens), rank kiepersol (Cussonia thyrsiflora), droog-my keel (Cyphostemma cirrhozim), olifantsvoet (Dioscorea elephantipes) kambro (Fockea edulis), wildejasmyn (Jasminum angulare), klimop (Clematis brachiata), spantou (Cynanchum viminale), rankmalfa (Pelargonium peltatum), slangpatat (Petopentia natalensis), Slingermagriet (Senecio macroglossus), Syselbos (Plumbago auriculata) en Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis). Laasgenoemde twee ook genoem ook as struik by die struike.

Meerjariges en ander kruidagte struike

Die ruigteplantegroei veral bekend vir sy onderskeie malvasoorte soos bv die rooimalva (Pelargonium inquinans), bontblaarmalva (Pelargonium zonale). Laasgenoemde twee eintlik struike. Dan is daar die kleiner soorte soos die pepirment malva (Pelargonium tomentosum), Kougamalva (P. acetosum), P. acraeum (bosmalva), hartblaarmalva (Pelargonium cordifolium), taaiblaarmalva (P. glutinosum), bosbokmalva (Pelargonium graveolens), rankcoleus (Coleus madagascariensis), stinkblaar (C. neochilus), aarblomcoleus bergcoleus (Coleus montanus), perscoleus (Coleus spicatus), Nama salie (Salvia namaensis, S. runcinata), S. schlechteri, klipsalie (Aeollanthus parvifolius), harige-klipsalie (A. buchnerianus), Vergeet my niet (Anchusa capensis), Jakkalsdoring (Blepharis capensis), wit-disseldoring (Dimorphoteca zeyheri) vaalsambreeltjie (Felicia erigerioides) draaibossie (Felicia filifolia) rooigousblom (Gazania krebsiana), bloublommetjie (Barleria obtusa), bokhoringkie (D. purpurea) jakkalsmagriet, (Dicoma zeyheri), bergbietou (Dimorphotheca jucunda), bloubietou (D. spectabilis), steenbokharpuis (Euryops peduncularus), Drakensberg-harpuis (E. tysonii), draaibossie (Felicia filifolia), gousblom (Gazania krebsiana), sierblommetjie (Geranium pulchrum) grootsierblommetjie (G. robustum, Hiltonmadeliefie (Gerbera aurantiaca), Barberton-madeliefie (grasveldsalie (Salvia schlechteri), kruipsalie (Salvia repens), veerblaarsalie (Saliva runcinata)., koringblommetjie (Scabiosa columbaria), balderjan (Mentha longifolia), kus-sewejaartjie (Helichrysum cymosum) Asparagus densiflorus, geel poprosie (Harmannia saccifera), kus botterblom (Gazania rigens), hen-en-kuikens (Chlorophytum comosum).

Grondbedekkers

Mat gousblom (Arctotis arctotoides), druiweblaaraster (Crassothonna capensis), rankmagriet (Osteospermum fruiticosum), kusmalva (Pelargonium capitatum).  wondertapyt (Dichondra micrantha), brakvygie (Aptenia cordifolia), koenana (Diclis reptans), oortjies (Falkia oblonga), vrouebossie (Geranium incanum), duin-sewejaartjie (H. cymosum), molepelle (H. sutherlandii), bosplakkie (Crassula multicava), skindersalie (Plectranthus verticillatus), katstert aspersie (Asparagus densiflorus)

Vetplante

Bitteraalwyn (Aloe ferox), Aloe Africana, koraalaalwyn (Aloe striata),  Aloiapmapelos tidmarshii, A. tenuior, A. gracilis. Onderskeie kleiner noors soos eselkos Euphorbia meloformis en ander. Groter soorte sluit in die noors (Euphorbia ledienii, E. coerulenscens), Euphorbia horrida, E. polygona, beestongsoorte soos Gasteria excelsa, G. bicolor, G. pulchra, G. liliputana.

Ledebouria socialis
Ledebouria socialis

Bolle, knolle en orgidee

Bloulelie (Agapanthus praecox), morganbaai -geldbeursie (Albuca batteniana), (Aristea woodii), kandelaargeldbeursie (Albuca nelsonii), kandelaar-geldbeursie (Albuca nelsonii), koranalelie (Ammocharis coranica), blousteller (Aristea ecklonii), groot-kandelaarblom (Brunsvigia grandiflora), montbretia (Crocosmia aurea), swangerui (Albuca bracteata).

Bloulelies (Agapanthus spp)
Bloulelies (Agapanthus spp)
Haemanthus Albiflos
Haemanthus Albiflos

Waterplante

Waterlelies (Nymphaea nouchalii), wateruintjies (Nymphoides indica), rivierpampoen (Gunnera perpensa), palinggras (Vallisneria spiralis), klawervaring (Marsilea schellpeana).

Ornamentele grasse

Buffelsgras (Panicum dregeanum).

Grasperke

Kweek (Cynodon bradleyi, C. dactylon), kiekoejoe (Penisetum clandestinum).

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.