Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Parys, die mooi Vrystaatse dorp aan die walle van die Vaalrivier, is deesdae gereeld vir ure en dae sonder water en elektrisiteit. Dít het Afriforum genoodsaak om ‘n dringende hofaansoek te bring vir ingryping.

Die munisipaliteit skuld Eskom R1,5 miljard, maar kom nie sy ooreenkoms vir afbetaling na nie.

In Ottosdal is die krane droog. In Viljoenskroon swem die kinders in die rioolriviere wat in die strate afloop.In Klerksdorp is die middedorp vervalle en is daar selfs winkels bo-op die vullishope.

Ons stel vas wat in die Parys en omgewing aan die gang is en hoe Afriforum ingryp.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?
Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.