Argief

Parys

Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Het Parys al skoon water? En wat van die rioolprobleme by Viljoenskroon? En wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?
Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Ep 80: Parys se water-treurmare met rioolbesoedeling duur voort

Ons fokus op Parys en die stappe wat Afriforum en dorpenaars doen om die verantwoordelike munisipaliteit sover te kry om skoon water aan die dorp en omgewing te lewer. Die water is tans met riool besoedel, en die die munisipaliteit skuld ‘n klein fortuin aan Eskom, wat tot strafkrag lei.
Bome op die dorp is in bedwang gebring en die takke is weggery.

Ep 78: Oos-Kaapse dorp aan’t skoon- en groenmaak

In Parys gaan dit nie goed met riool in die water nie. Die Sondagsriviervallei is bekroon vir sy skoonmaak- en groenmaakprojekte wat besig is om vlerke te kry, en kan die munisipaliteit ook spog met hulle verbeterde finansiële bestuur.
Potholes in SA Image by BusinessTech

Ep 71: Besoedelde water en slaggate is die minste van die probleme SA se dorpe

Hoe gaan dit met dorpe in die Mooirivier-streek? Dit gaan maar vrotsig in Klerksdorp, Sasolburg en Parys en selfs Potchefstroom. Besoedelde water en slaggate is die minste van die probleme.
Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Parys, die mooi Vrystaatse dorp aan die walle van die Vaalrivier, is deesdae gereeld vir ure en dae sonder water en elektrisiteit. Dít het Afriforum genoodsaak om ‘n dringende hofaansoek te bring vir ingryping. Die munisipaliteit skuld Eskom R1,5 miljard, maar kom nie sy ooreenkoms vir afbetaling na nie. In Ottosdal is die krane droog.
Ep 83: Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander

Ep 69: Mag Eskom ’n nie-betalende munisipaliteit se krag afsny?

In die Harrismith-gebied en op Jeffreysbaai gebeur positiewe dinge, maar in Parys en Rosendal is ernstige waterkwessies. Ons fokus op die positiewe, en kyk ook na die regskwessie: Mag Eskom ’n nie-betalende munisipaliteit se krag afsny?

Verken

Kies jou dorp of onderwerp