Ep 2: Jy hét baie magte

Ep 2: Jy hét baie magte

Opsomming:

In die tweede program fokus ons op die feit dat ons meer magte het om dinge te verander as wat ons besef, en ook op basiese, volhoubare sakebeginsels. Ons kyk na spaza winkels en shisamyamas as voorbeelde.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Beskrywing:

In die tweede uitsending, gesels Marí Hudson met Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van Neasa, wat betrokke is by die bemagtiging van werkgewers, arbeidswetgewing, nasionale onderhandelings, kollektiewe onderhandelings en is ‘n aktiewe drukgroep vir besighede. Hy is ook een van die direkteur van die nuwe nasionale platform (NGO) UkuzalwaSA (RenaissanceSA) vir die bemagtiging van plaaslike owerhede. Hy gee raad oor die eerste stappe wat jy kan neem as dinge in jou dorp verkeerd loop.

Meer oor Gerhard Papenfus:

Lees hier Gerhard Papenfus se meningsartikel oor grond-onteiening sonder vergoeding: https://neasa.co.za/press-release-expropriation-without-compensation-government-turning-a-blind-eye/

Lees hier sy ope brief aan die President van Suid-Afrika: https://www.talkofthetown.co.za/2020/05/13/neasa-ceo-writes-to-the-president/

Gerhard Papenfoes
Gerhard Papenfus

Ek gesels ook met Jean Pierre du Plessis, ‘n jong regsgeleerde wat nou by AD Tech alles in die stryd werp om seker te maak projekte wat deur inwoners, gemeenskappe of dorpe aangepak word, kan ook ekonomies haalbaar wees en word. Hy gee raad oor watter beginsels elkeen in ag moet neem voordat jy ‘n sake-onderneming moet begin, en hoe om sekere geldbronne te ontsluit.

Meer oor Jean Pierre du Plessis: https://www.africandatatechnologies.com/

Ep 2: Jy hét baie magte
JP du Plessis

Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting oor programme, fondse en hulp:

– African Data Technologies – African Data Technologies is a multi-disciplinary team that develops and implements models for social and environmental impact by leveraging technology, data, and circular economy principles.

– Befondsing is beskikbaar as jy parke en enige ander groen areas wil ontwikkel.

– Usiko Stellenbosch Youth Development Project

– TOPL https://www.topl.co/  You Change the World. We Prove It. The blockchain ecosystem built to prove your ethical and sustainable practices.

– Ranyaka – WE HARNESS THE POWER OF COLLABORATION AND ACTIVE CITIZENRY TO CO-CREATE THRIVING COMMUNITIES.

– Bionova – Our goal is to develop software and solutions for all players in the construction industry to calculate environmental impacts in the easiest and fastest way possible.  

– Terramanzi – Greening Africa one project at a time

– Postwink – We make reclycing easy

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.