Argief

beurtkrag

Die gebied gevul met sonpanele verdwerg die werkers.

Ep 98: Sonkragstelsels: Kies só reg! (Deel 1)

Moeg vir beurtkrag? Oorweeg jy ’n sonkragstelsel? Watter sonpanele moet jy kies? En watter battery? Prof Johan Rens, verbonde aan die departement Elektriese, elektroniese en rekenaar-ingenieurswese aan die NWU,  verduidelik wat die opsies is en hoekom sekere keuses beter as ander is.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 91: Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem? (Deel 2)

Stel jou voor: Informele nedersettings, oftewel plakkerskampe, wat netjies uitgelê is met toeganklike paaie en strate, kleuterskole, gemeenskapsale en spaza-winkels op beplande plekke, en netjiese goed geventileerde supershacks wat nie deur water oorstroom word nie. Die eerste klein proeflopie in ’n probleem-plakkerskamp in Kaapstad wys dit is die wending wat kan waar word in dorpe en stede, en deel van die behuisingsprobleem in ons land kan help oplos.
Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Het jy geweet Robertson het ’n vliegveld waar Boeings kan land? Dís een die interessanthede van die Langeberg-streek. Marí Hudson vind meer uit oor die goeie dinge en die uitdagings van die mooi Montagu-Bonnievale-Ashton-McGregor-Robertson gebied. Beurtkrag en die instroming van buitelandse mense en die druk op die infrastruktuur is twee van die grootste uitdagings.
A culture of better service and use of minimal force are key to improving public confidence in the South African Police Service. GCIS/Flickr

Ep 76: ’n Tekort aan brandweerstasies en polisievoertuie in Vrystaatse dorpe

’n Tekort aan brandweerstasies en polisievoertuie in Vrystaatse dorpe; rioolbesoedeling ook in die Vrystaat; Eskom wat dreig op Tshwane se krag af te skakel; die effek van hoër eiendomsbelasting op skole; en ’n oorsig oor watervoorsiening aan die Nelson Mandela Metro.
Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Sakeliga het ‘n ultimatum vervat in ‘n brief aan Eskom gestuur waarin hulle eis dat strafkrag (geteikende kragvermindering) onmiddellik gestaak word omdat dit veral boere en die sakegemeenskap benadeel.
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 73: Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit?

Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit? Of hoeveel elektrisiteit in jou gebied deur onwettige verbindings verlore gaan? Of dat herverkopers van krag in jou gebied dalk onbehoorlike winste maak? Ons praat oor kragvoorsieningsfeite wat elke dorpenaar van moet kennis neem.
Die MBR sonplaas

Ep 26: Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas

As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie sonaanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies, en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Moderne sonenergieaanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en sal nog beter en goedkoper word. Suid-Afrika moet baie vinnig wakker skrik.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp