Argief

eskom

Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Afriforum beplan ‘n nuwe kragentiteit om mense onafhanklik van Eskom te maak. Kallie Kriel vertel dat Projek AfriEnergie in drie fases ontwikkel gaan word.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 92: ‘Omheinde’ fondse, betaalmeesters en identifisering van korruptes om munisipaliteite om te draai

Sakeliga is met verskeie hofsake aan die veg om munisipale verval te probeer omkeer. Hulle pak Eskom in die hof oor ongereguleerde lasvermindering wat ook betalende kragverbruikers benadeel.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 91: Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem? (Deel 2)

Stel jou voor: Informele nedersettings, oftewel plakkerskampe, wat netjies uitgelê is met toeganklike paaie en strate, kleuterskole, gemeenskapsale en spaza-winkels op beplande plekke, en netjiese goed geventileerde supershacks wat nie deur water oorstroom word nie. Die eerste klein proeflopie in ’n probleem-plakkerskamp in Kaapstad wys dit is die wending wat kan waar word in dorpe en stede, en deel van die behuisingsprobleem in ons land kan help oplos.
Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Ep 80: Parys se water-treurmare met rioolbesoedeling duur voort

Ons fokus op Parys en die stappe wat Afriforum en dorpenaars doen om die verantwoordelike munisipaliteit sover te kry om skoon water aan die dorp en omgewing te lewer. Die water is tans met riool besoedel, en die die munisipaliteit skuld ‘n klein fortuin aan Eskom, wat tot strafkrag lei.
A culture of better service and use of minimal force are key to improving public confidence in the South African Police Service. GCIS/Flickr

Ep 76: ’n Tekort aan brandweerstasies en polisievoertuie in Vrystaatse dorpe

’n Tekort aan brandweerstasies en polisievoertuie in Vrystaatse dorpe; rioolbesoedeling ook in die Vrystaat; Eskom wat dreig op Tshwane se krag af te skakel; die effek van hoër eiendomsbelasting op skole; en ’n oorsig oor watervoorsiening aan die Nelson Mandela Metro.
Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Sakeliga het ‘n ultimatum vervat in ‘n brief aan Eskom gestuur waarin hulle eis dat strafkrag (geteikende kragvermindering) onmiddellik gestaak word omdat dit veral boere en die sakegemeenskap benadeel.
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 73: Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit?

Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit? Of hoeveel elektrisiteit in jou gebied deur onwettige verbindings verlore gaan? Of dat herverkopers van krag in jou gebied dalk onbehoorlike winste maak? Ons praat oor kragvoorsieningsfeite wat elke dorpenaar van moet kennis neem.
Ep 83: Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander

Ep 69: Mag Eskom ’n nie-betalende munisipaliteit se krag afsny?

In die Harrismith-gebied en op Jeffreysbaai gebeur positiewe dinge, maar in Parys en Rosendal is ernstige waterkwessies. Ons fokus op die positiewe, en kyk ook na die regskwessie: Mag Eskom ’n nie-betalende munisipaliteit se krag afsny?

Verken

Kies jou dorp of onderwerp