Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Afriforum se Kragplan vir die land

Afriforum beplan ‘n nuwe kragentiteit om mense onafhanklik van Eskom te maak.

Kallie Kriel vertel dat Projek AfriEnergie in drie fases ontwikkel gaan word.

Fase 1 is om soveel mense as moontlik aan te moedig om op hul huise of sakeondernemings se dakke sonpanele aan te bring sodat hulself onafhanklik te word van Eskom en om oortollige krag in die netwerk terug te voeg.
Om dit reg te kry, sal Afriforum veg vir subsidiëring van sonpanele en om die vergoeding vir terugplaas van oortollige krag in die netwerk sodanig te maak dat dit as insentief kan dien.
Afriforum het ‘n gids laat saamstel om mense te help om die regte sonpanele, batterye en installeerders te kies.
Klik hier vir die gids: https://afriforum.co.za/mykrag/

As jy toegang het tot Netwerk24, is hierdie ‘n goeie opsomming:
https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/energie/hier-is-jou-volledige-gids-vir-jou-eie-sonkrag-20230203

Fase 2 is om meer munisipaliteite te oorreed om die bestuur van kraglewering, insameling van tariewe en oorbetaling aan Eskom in die hande van die private sektor toe te ken. Dit gebeur reeds in Frankfort en die Mafube munisipaliteit wat nou krag aan dié gebiede lewer teen ‘n laer tarief as ander dorpe.

Fase 3 behels die installering van modulêre korrelbed kernreaktors, wat nie dieselfde gevare inhou van groot kernreaktors soos Chernobyl nie.
Een só reaktor kan ‘n stad, groot dorp of ‘n paar naasliggende dorpe saam bedien.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.