Argief

ruigteveld

Perdeskoenmalva – Pelargonium Zonale

Ep 61: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 3) | Plant só vir mooi strandveld- en kustuine

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 3 Hoewel soutbelaaide seewinde die Strandveld se plante heen en weer waai, is daar inderdaad bome en plante wat wel hier aard en groei.
Broodbome – Encephalartos Princeps

Ep 60: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 2)

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 2 Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.
Malvas in die ruigteveld

Ep 59: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 1)

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 1 Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond.
Ruigteplantegroei naby Hankey

Ep 51: Die botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases

Plante praat met mense. Nie in woorde nie, maar in ’n botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases, sê plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld. Hy vertel meer van die plante van die Ruigteveld, oftewel die valleibosveld. Mari Hudson rig ook ’n interessante uitdaging aan dorpenaars.
Die wilde-pruim (Harpephyllum caffrum)

Ep 50: Inheemse plantegroei van die Oos-Kaapse ruigteveld

Die krans-esseboom met sy helikoptervruggies, die wildepruim, die rivierblompeer, die Kaapse kastaiing met sy pienk bloeisels en die hoë geelhoutbome is enkele van die inheemse bome wat uiters goed in die Oos-Kaapse ruigteveld aard. Maar dis die geheime van die broodboom waaraan jy jou gaan verluister. Mari Hudson gesels met dr. Ernst van Jaarsveld oor inheemse plantegroei van dié streek.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp