Ep 60: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 2)

Broodbome – Encephalartos Princeps

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 2

Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies. Dié gebied is bekend vir sy proteas, aronskelke, disas, brandlelies, kelkiewyn, swaardlelies, Watsonias, viooltjies, Freesias, tjinkereentjees en vele meer. Mari Hudson gesels met dr. Ernst van Jaarsveld oor die fynbosstreek.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Bome

Daar is sommer n lywige groep bome wat hier natuurlik groei. Twee wat ek wil uitlig heet die Kaapse kransesseboom (Atalaya capensis) die buigmy nie (Smellophyllum capensis) en die Kaapse sterkastaiing (Sterculia alexandrii), Olien (Olea europaea subsp. africana),  basterolien (Buddleja saligna), witstinkhout (Celtis africana), doringkaree (Searsia longispina), taaibos (Searsia pyroides), gamtoos-kiepersol (Cussonia gamtooesensis), katdoring (Scutia myrtina), haakdoring (Acacia caffra), veldvy (Ficus burtt-davyi), Fluitjieswilger (Salix mucronata), Kassuur (Pittosporum viridifolium), Kaapse Vaderlandswilg (Combretum caffrum), wynbessie (Dovyalis zeyheri), ook baie mooi die Kei- baakhoutbome (Greyia flannaganii). Ook knoppieshout (Xanthoxylon capensis), kei-appel (Dovyalis caffra), Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus). Die rivierblompeer (Dombeya cymosa). Die wilde-pruim (Harpephyllum caffrum) ook n mooi groot immergroen boom met n ronde kruin. Die nieshout (Ptaeroxylons obliquum) koeboebessie (Mystorxylon aethiopicum), Oos Kaap witgat (Boschia oleoides), Rooistamkanniedood (Commiphora harveyi), boerboon (Schotia brachypetala) Kaapse koraalbom (E. caffra), Tierhout (Loxostylis alata), en die taaibos (Searsia pyroides).

Bome met argitektoniese vorms

Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi), doring of bloubroodboom (Encephalartos horridus), vallei-doringbroodboom (E. trispinosus). Die groter OosKaap-broodboom (E. altensteinii), vlaktebroodboom (E. arenarius), krulblaarbroodboom (E. latifrons), fynbosbroodboom (E. longifolius), karoobroodboom (E. lehamannii), kei-broodboom (E. princeps). Groter aalwyne sluit in die fransaalwyn (Aloe pluridens), slaphoringaalwyn (Aloe speciosa), Uitenhage-aalwyn (Aloe africana) bitter-aalwyn  (Aloe ferox), gamtooskiepersol (Cussonia gamtoosensis), bosveldkiepersol (Cussonia spicata), olifantsvoet (Dioscorea elephantipes), ook die verkillende noors of naboomsoorte soos die riviernaboom (Euphorbia triangularis), E. curvirama, noors (Euphorbia ledienii, E. ), swartdoringnoors (E. atrispina), E. polygona, E. horrida, E. heptagona, groottandnoors (Euphorbia grandidens) en die vaalnoors (E. tetragona).

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.