Ep 97: Vroue begin Revive Knysna – kyk wat gebeur!

Die ou stasie lyk weer spoggerig.

Vroue begin Revive Knysna – kyk wat gebeur!

Besorgde vroue van Knysna het besluit om amptelik kragte saam te snoer om Knysna skoon en mooi te maak. Revive Knysna het tot stand gekom, en die sakegemeenskap van die dorp het hulle ondersteun. Nou is parke en tuine al mooi gemaak, die ou stasie-gebou opgeknap en ‘n vervalle bushalte het nuwe lewe gekry.

In My Mooi Dorp om 3 nm gesels Marí Hudson met twee van die vroue wat vertel hoe Revive Knysna aan die gang gekom het en wat hulle al bereik het.

RSG en Revive Knysna daag alle dorpe in die land om ‘n Revive-program te begin.

In dié episode van My Mooi Dorp vertel Kallie Kriel meer oor sonpanele en oor ander projekte van Afriforum om te help om beter dienste te lewer aan dorpe en stede in ons land.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Só het Revive Knysna al dié dorp mooier gemaak:

Kontak Revive Knysna by Reviveknysna@icloud.com

Besoek hul Facebook blad Revive Knysna

of hul instagram-blad.

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.