Argief

PLante

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Die ou stasie lyk weer spoggerig.

Ep 97: Vroue begin Revive Knysna – kyk wat gebeur!

Besorgde vroue van Knysna het besluit om amptelik kragte saam te snoer om Knysna skoon en mooi te maak. Revive Knysna het tot stand gekom, en die sakegemeenskap van die dorp het hulle ondersteun. Nou is parke en tuine al mooi gemaak, die ou stasie-gebou opgeknap en ‘n vervalle bushalte het nuwe lewe gekry.
https://wandilesihlobo.com/2019/03/16/the-perception-that-south-africas-agriculture-is-dominated-by-large-commercial-farms-is-incorrect/

Ep 89: Wat gebeur in ‘n streek wat ernstig oor landbouers en plaasmoorde?

Wat gebeur in ’n streek wat ernstig is oor landbouers en plaasmoorde? ’n Tiener van Montagu vertel van sy drome. En ons gesels oor die beste plante en bome vir jou streek.
Gundula Deutschlander

Ep 81: Verfraai jou dorp met mooi tuine

Een van die maniere om jou dorp en jou eie omgewing te verfraai en en jou siel en liggaam te voed, is deur tuine aan te plant, of dit blomtuine, kruietuine of groentetuine is. Op Tuindag deel Gundula Deutschlander, die meestertuinier van Babylonstoren wyshede, wenke en inspirasie.
Photo by Pieter Bouwer on Unsplash

Ep 75: Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem?

Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.
Perdeskoenmalva – Pelargonium Zonale

Ep 61: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 3) | Plant só vir mooi strandveld- en kustuine

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 3 Hoewel soutbelaaide seewinde die Strandveld se plante heen en weer waai, is daar inderdaad bome en plante wat wel hier aard en groei.
Gazania Krebsiana

Ep 54: Rietbron; Karootuin (Deel 3)

Rietbron; Karootuin: Deel 3. Kan mens enige tyd van die jaar bome plant as die lus jou pak? Of slegs in die vroeë lente? Karoo-inwoners moet kennis neem dat dorpe in dié gebied ook verfraai kan word met ’n ryk verskeidenheid inheemse plante wat by droogte- en ryp-omstandighede aangepas is. Dr. Ernst van Jaarveld, bekende plantkundige, is Mari Hudson se gas.
Witstinkhout (Celtis Africanus)

Ep 53: Rietbron; Karootuin (Deel 2)

Rietbron; Karootuin: Deel 2. Alle plante met melksap is nie noodwendig giftig nie. Diere leer baie gou dat sekere plante giftig is, al is dit nie deel van hulle oergeheue nie. Dié interessanthede kom aan die lig waar plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter bome en struike wel in die Karoo sal groei. Die Karee, olien, Karoo noem-noem en witstinkhout is maar enkele van die bome wat droogte- en rypbestand is.
Die soetdoring (A. karroo)

Ep 52: Rietbron; Karootuin (Deel 1)

Rietbron; Karootuin: Deel 1 Hoe begin ‘n mens om ‘n klein dorpie in die middel van die droë Karoo te verfraai? ’n Boervrou van Rietbron het begin skoonmaak en netjies maak, en die res volg nou. Sy vertel hoe alles begin het, waar sy bome kry en die lesse wat sy reeds geleer het.
Ruigteplantegroei naby Hankey

Ep 51: Die botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases

Plante praat met mense. Nie in woorde nie, maar in ’n botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases, sê plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld. Hy vertel meer van die plante van die Ruigteveld, oftewel die valleibosveld. Mari Hudson rig ook ’n interessante uitdaging aan dorpenaars.
Die wilde-pruim (Harpephyllum caffrum)

Ep 50: Inheemse plantegroei van die Oos-Kaapse ruigteveld

Die krans-esseboom met sy helikoptervruggies, die wildepruim, die rivierblompeer, die Kaapse kastaiing met sy pienk bloeisels en die hoë geelhoutbome is enkele van die inheemse bome wat uiters goed in die Oos-Kaapse ruigteveld aard. Maar dis die geheime van die broodboom waaraan jy jou gaan verluister. Mari Hudson gesels met dr. Ernst van Jaarsveld oor inheemse plantegroei van dié streek.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp