Mari Hudson stel jou voor aan twee opbouende leiersfigure van die Sondagsriviervallei wat eens opstokende aktiviste was. Ons deel ook inligting oor die sinvolste manier om as onafhanklike kandidaat te staan in die munisipale verkiesing
Mari Hudson stel jou voor aan ’n sakeman van Kirkwood, en ons hoor wat die sitrusboere van die Sondagsriviervallei doen, en dit is veel meer as om rioolpompe in stand te hou.
Mari Hudson stel jou voor aan nog inwoners van Kirkwood en die Sondagsriviervallei. Identifiseer saam met ons die probleme in jou dorp, en stap die pad saam met ons om dit op te los.
In die agste program deel ’n kundige die belangrikste raad wat sal bepaal of jy kan help om jou dorp beter funksionerend te maak. En ons stel jou voor aan Kirkwood en die Sondagsriviervallei, en van sy inwoners.
Ons fokus op wat verkeerd geloop het ná die grensverskuiwende uitspraak oor waterlewering in die Koster/Swartruggens-streek, die innoverende samewerkingsooreenkoms wat pas op Kroonstad bekend gestel is, en of groentetuine altyd die beste antwoord is.
In die derde program fokus ons op die verantwoordelikhede en pligte van ’n munisipaltiteit. Ons vind uit dat die heel eerste stap van ’n inwoner is om die probleme punt vir punt skriftelik onder die munisipaliteit se aandag te bring, saam met foto’s en video’s.
In die tweede program fokus ons op die feit dat ons meer magte het om dinge te verander as wat ons besef, en ook op basiese, volhoubare sakebeginsels. Ons kyk na spaza winkels en shisamyamas as voorbeelde.
Ek stel die doelwitte van die program bekend, gesels met Petrus de Kock, wat ‘n oorsig gee oor die stand van dorpe in ons land, en ek nooi dorpe om ons te vertel van hul suksesvolle projekte.