Argief

dorpe

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 90: Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem? (Deel 1)

Die konsepte van humantêre argitektuur en naas-stedelike ontwerp en beplanning vir plakkerskampe, kan vir die armste mense ’n menswaardige tuiste skep. Quntin Adams vertel meer hieroor. Ons stel ook vas hoekom lasvermindering-kragonderbrekings deur Eskom onwettig is.
Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Het jy geweet Robertson het ’n vliegveld waar Boeings kan land? Dís een die interessanthede van die Langeberg-streek. Marí Hudson vind meer uit oor die goeie dinge en die uitdagings van die mooi Montagu-Bonnievale-Ashton-McGregor-Robertson gebied. Beurtkrag en die instroming van buitelandse mense en die druk op die infrastruktuur is twee van die grootste uitdagings.
Gundula Deutschlander

Ep 81: Verfraai jou dorp met mooi tuine

Een van die maniere om jou dorp en jou eie omgewing te verfraai en en jou siel en liggaam te voed, is deur tuine aan te plant, of dit blomtuine, kruietuine of groentetuine is. Op Tuindag deel Gundula Deutschlander, die meestertuinier van Babylonstoren wyshede, wenke en inspirasie.
Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Ep 64: Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou?

Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou? Marí Hudson praat met dr. Harlan Cloete, en hy draai nie doekies om nie, oor wat van munisipaliteite verwag word, hoe goeie leiers behoort op te tree en hoe elke gemeenskapslid betrokke kan raak.
Spekboom (Portulacaria afra). As jy gelukkig is, kan jy die spekboom in bloei sien.

Ep 38: Bome vir mooi dorpe (Deel 2)

Bome vir Mooi Dorpe, Deel 2: Moet jy alle uitheemse bome uitkap as jy jou dorp wil vergroen? Die bekende botanis, dr. Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek.
Ep 17: Munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref.

Ep 17: Munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref.

Al hoe meer munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei bestuur, anders as in baie streke, dié vallei se water uiters doeltreffend, net om te sien hoe dinge by die plaaslike munisipaliteit skeefloop.
Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)

Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)

Probleme met watervoorsiening en dienslewering is besig om ernstige afmetings aan te neem in die meeste dorpe en stede in Suid-Afrika. In dié episode raak-raak ons aan die stand van sake in Lydenburg, Johannesburg, Deneysville, Bloemfontein en Koster en vind uit waar staan samewerking tussen die private en staatsektore.
Ep 3: Elke munisipaliteit MOET dié pligte nakom

Ep 3: Elke munisipaliteit MOET dié pligte nakom

In die derde program fokus ons op die verantwoordelikhede en pligte van ’n munisipaltiteit. Ons vind uit dat die heel eerste stap van ’n inwoner is om die probleme punt vir punt skriftelik onder die munisipaliteit se aandag te bring, saam met foto’s en video’s.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp