Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)

Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)

Beskrywing:

In hierdie episode ontdek ons meer van die watervoorsiening van die vallei. En stel ons vas hoe dit gebeur dat die dorp Kirkwood en verskeie woongebiede soms dae lank sonder water is, al is daar voldoende water en is daar geen rede waarom die dorp, met die nodige beplanning deur die munisipaliteit, ‘n enkele dag sonder water hoef te wees nie.

Ons gesels weer met Mike Primmer, hoof uitvoerende beampte van die Laer Sondagsrivier Watergebruikersvereniging, en Aldré Nel, operasioenle bestuurder wat tans besig is met sy meestersgraad in Ingenierswese.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)
Só vloei die water van die Gariepdam via die Visrivier en verskeie tonnels en kanale tot by die Sondagsriviervallei, waar die sitrusbedryf die tweede grootste verdiener van buitelandse valuta en die BBP van die Oos-Kaap oplewer naas die motorbedryf. Tans voorkom die water via die skema dat die NelsonMandelabaai nie Dag Zero bereik nie. Die waterbeheerders van die vallei beheer die watervoorsiening met rekord-lae vermorsing, terwyl die watervermorsing van dié noodsaaklike water veel hoër is. Voorts draai die Departement van Water en Sanitasie reeds 4 jaar om ‘n groot breuk in die hoofkanaal permanent te herstel en dít beïnvloed watervloei nadelig.
Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)
Nog ‘n skets om die watervloei van die Gariepdam tot die vallei verseker.

Meer Inligting:

Vind meer uit die Laer Sondagsrivier Watergebruikersvereniging: http://www.sundaysriverwater.co.za/index.php/en/
Die waterbeheerders se kalender dui maande vooruit aan watter dae die kanale sonder water is vir instandhouding: http://www.sundaysriverwater.co.za/index.php/en/events-calendar

Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)

Ander kontaknommers:

Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting oor programme, fondse en hulp met omgewingsvriendelike ontwikkeling:

– African Data Technologies – African Data Technologies is a multi-disciplinary team that develops and implements models for social and environmental impact by leveraging technology, data, and circular economy principles.

– Befondsing is beskikbaar as jy parke en enige ander groen areas wil ontwikkel.

– Usiko Stellenbosch Youth Development Project

– TOPL https://www.topl.co/  You Change the World. We Prove It. The blockchain ecosystem built to prove your ethical and sustainable practices.

– Ranyaka – WE HARNESS THE POWER OF COLLABORATION AND ACTIVE CITIZENRY TO CO-CREATE THRIVING COMMUNITIES.

– Bionova – Our goal is to develop software and solutions for all players in the construction industry to calculate environmental impacts in the easiest and fastest way possible. 

– Terramanzi – Greening Africa one project at a time

– Postwink – We make reclycing easy

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.