Ep 38: Bome vir mooi dorpe (Deel 2)

Spekboom (Portulacaria afra). As jy gelukkig is, kan jy die spekboom in bloei sien.

Bome vir Mooi Dorpe, Deel 2:

Moet jy alle uitheemse bome uitkap as jy jou dorp wil vergroen? Die bekende botanis, dr. Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek. Hy gesels onder meer oor spekbome, ou peerbome en die inheemse katjiepieringboom.

Byna alle vrugtebome in ons land, is uitheems en dit sal ‘n tragedie wees as ons van dié bome ontslae moet raak. As alle bloemkombome voor die voet uitgekap word, is ons byeboere en bye in die moeilikheid. Van die uitheemse bome is nie skadelik vir die natuur nie en nie indringers nie. Maar uitheemse bome op die indringerlys, mag nie verder aangeplant word nie.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Kontakbesonderhede van Jan Odendaal

Whatsapp 0837019791 of epos: gLgreen@gmail.com

Lees ook: https://greenforlifesa.wordpress.com/about/

Kyk hier na meer inheemse bome:
https://www.treefactor.co.za/product-category/indigenous/

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.