Argief

Dienste

Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 90: Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem? (Deel 1)

Die konsepte van humantêre argitektuur en naas-stedelike ontwerp en beplanning vir plakkerskampe, kan vir die armste mense ’n menswaardige tuiste skep. Quntin Adams vertel meer hieroor. Ons stel ook vas hoekom lasvermindering-kragonderbrekings deur Eskom onwettig is.
https://wandilesihlobo.com/2019/03/16/the-perception-that-south-africas-agriculture-is-dominated-by-large-commercial-farms-is-incorrect/

Ep 89: Wat gebeur in ‘n streek wat ernstig oor landbouers en plaasmoorde?

Wat gebeur in ’n streek wat ernstig is oor landbouers en plaasmoorde? ’n Tiener van Montagu vertel van sy drome. En ons gesels oor die beste plante en bome vir jou streek.
Ep 88: Meer as 21 000 gevangenes op parool se beamptes weet nie waar hulle is nie (Deel 2)

Ep 88: Meer as 21 000 gevangenes op parool se beamptes weet nie waar hulle is nie (Deel 2)

Het jy geweet meer as 21 000 gevangenes wat op parool vrygelaat is, maak ’n gek van die land se paroolstelsel, want hulle paroolbeamptes het geen idee waar die geparooldes hulle bevind nie?
Ep 88: Meer as 21 000 gevangenes op parool se beamptes weet nie waar hulle is nie (Deel 2)

Ep 87: Meer as 21 000 gevangenes op parool se beamptes weet nie waar hulle is nie (Deel 1)

n die Wes-Kaap het die opleiding en ontplooiing van LEAP-offisiere, wat eintlik beskryf kan word as ‘n plaaslike basiese polisiemag, reeds gelei tot ’n daling in moorde in probleemgebiede soos Nyanga, Mitchell’s Plain, Delft, Kraaifontein en Khayelitsha.
Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Ep 86: Robertson se wingerde, valskermspringers, troues, stoomtrein en planne vir uitdagings

Het jy geweet Robertson het ’n vliegveld waar Boeings kan land? Dís een die interessanthede van die Langeberg-streek. Marí Hudson vind meer uit oor die goeie dinge en die uitdagings van die mooi Montagu-Bonnievale-Ashton-McGregor-Robertson gebied. Beurtkrag en die instroming van buitelandse mense en die druk op die infrastruktuur is twee van die grootste uitdagings.
Die berge om Montagu het besonderse kleure, buigings en verwringings

Ep 85: Wat doen netjiese Montagu reg?

Ons besoek die mooi en netjiese dorp Montagu net anderkant Ashton. Ons kyk wat reg loop in die dorp en hoe Montagu sy probleme aanpak, en of daar lesse te leer is vir ander dorpe. Ons ontmoet twee inwoners wat elk op haar eie manier ‘n verskil maak aan dorpenaars se lewens.
Die MBR sonplaas

Ep 84: Met die COP27 beraad wat tans in Egipte gehou word, kyk ons na die stand van sonenergie-opwekking

Met die COP27 beraad wat tans in Egipte gehou word, kyk ons na die stand van sonenergie-opwekking. Sonnige Suid-Afrika is ver agter hiermee, nie net wat groot sonplase betref nie, maar ook wat sonpaneeltegnologie vir huise en vir groot sonplaasaanlegte betref.
Ep 83: Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander

Ep 83: Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander

Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander. Sonplase moet opgerig word, maar wat moet die regering en besluitnemers weet van sonplase en sonenergie? Suid-Afrika sal nié ekonomies kompeterend kan wees as ons nie die jongste tegnologie sonpanele inspan nie. ’n Internasionale kenner vertel meer.
Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 82: Grondwet voorsien nie vir die reuse verval in dienste nie

Nuwe regspraak is nodig om gemeenskappe te red van wanfunksionele munisipaliteite, want die Grondwet maak nie voorsiening vir die geweldige verval van dienste wat Suid-Afrika tans beleef nie. Sakeliga takel, saam met gemeenskappe, van die belangrikste kwessies om die verval te probeer omkeer. Onafhanklike betaalmeesters wat geoormerkte geld vir dienslewering, instandhouding en nuwe infrastuktuur kan beskerm, is moontlik deel van die antwoord.
Gundula Deutschlander

Ep 81: Verfraai jou dorp met mooi tuine

Een van die maniere om jou dorp en jou eie omgewing te verfraai en en jou siel en liggaam te voed, is deur tuine aan te plant, of dit blomtuine, kruietuine of groentetuine is. Op Tuindag deel Gundula Deutschlander, die meestertuinier van Babylonstoren wyshede, wenke en inspirasie.
Ep 95: Wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

Ep 80: Parys se water-treurmare met rioolbesoedeling duur voort

Ons fokus op Parys en die stappe wat Afriforum en dorpenaars doen om die verantwoordelike munisipaliteit sover te kry om skoon water aan die dorp en omgewing te lewer. Die water is tans met riool besoedel, en die die munisipaliteit skuld ‘n klein fortuin aan Eskom, wat tot strafkrag lei.
Die vier jong Noorweegse argitekte by Quinton Adams (tweede van regs). Van links na regs is Thurwald, Lukas, Ari en Gabriel.

Ep 79: 4 Noorweegse argitekte wil help om oplossings vir informele behuising te vind

Vier jong Noorweegse argitekte is in Suid-Afrika om saam met die Shackbuilder te werk en na verdere oplossings vir bouwerk vir informale behuising te soek. Hulle vertel van enkele idees wat in Noorweë en Frankryk werk, wat moontlik hier toegepas kan word.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp