Argief

Dienste

Gazania Krebsiana

Ep 54: Rietbron; Karootuin (Deel 3)

Rietbron; Karootuin: Deel 3. Kan mens enige tyd van die jaar bome plant as die lus jou pak? Of slegs in die vroeë lente? Karoo-inwoners moet kennis neem dat dorpe in dié gebied ook verfraai kan word met ’n ryk verskeidenheid inheemse plante wat by droogte- en ryp-omstandighede aangepas is. Dr. Ernst van Jaarveld, bekende plantkundige, is Mari Hudson se gas.
Witstinkhout (Celtis Africanus)

Ep 53: Rietbron; Karootuin (Deel 2)

Rietbron; Karootuin: Deel 2. Alle plante met melksap is nie noodwendig giftig nie. Diere leer baie gou dat sekere plante giftig is, al is dit nie deel van hulle oergeheue nie. Dié interessanthede kom aan die lig waar plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter bome en struike wel in die Karoo sal groei. Die Karee, olien, Karoo noem-noem en witstinkhout is maar enkele van die bome wat droogte- en rypbestand is.
Die soetdoring (A. karroo)

Ep 52: Rietbron; Karootuin (Deel 1)

Rietbron; Karootuin: Deel 1 Hoe begin ‘n mens om ‘n klein dorpie in die middel van die droë Karoo te verfraai? ’n Boervrou van Rietbron het begin skoonmaak en netjies maak, en die res volg nou. Sy vertel hoe alles begin het, waar sy bome kry en die lesse wat sy reeds geleer het.
Ruigteplantegroei naby Hankey

Ep 51: Die botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases

Plante praat met mense. Nie in woorde nie, maar in ’n botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases, sê plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld. Hy vertel meer van die plante van die Ruigteveld, oftewel die valleibosveld. Mari Hudson rig ook ’n interessante uitdaging aan dorpenaars.
Die wilde-pruim (Harpephyllum caffrum)

Ep 50: Inheemse plantegroei van die Oos-Kaapse ruigteveld

Die krans-esseboom met sy helikoptervruggies, die wildepruim, die rivierblompeer, die Kaapse kastaiing met sy pienk bloeisels en die hoë geelhoutbome is enkele van die inheemse bome wat uiters goed in die Oos-Kaapse ruigteveld aard. Maar dis die geheime van die broodboom waaraan jy jou gaan verluister. Mari Hudson gesels met dr. Ernst van Jaarsveld oor inheemse plantegroei van dié streek.
Somerset-Oos Lê aan die voet van die Boschberg

Ep 49: ‘n Wêreldklas ‘Tech Hub’…in die Karoo

n Wêreldgehalte ateljee wat reklame-video’s vervaardig vir die internasionale mark. Onverwags, want die dorp is Somerset-Oos, die Oos-Kaapse dorp aan die Boschberg, en deel van die ruigteveld. Die ateljee staan bekend as die ‘Karoo Tech Hub’. Dié breinkind van twee voormalige inwoners van Somerset-Oos, verskaf werk aan 39 mense, byna almal in hul twintigerjare.
Malvas in die ruigteveld

Ep 48: Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter

Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond. Droogtes en vloede wat mekaar afwissel. Histories geseën met die grootste soogdierdiversiteit per vierkante kilometer in SA. Spekbome, malvas, syselbosse en ‘n groot verskeidenheid plante wat gebrei is vir oorlewing.
SalviaSchilchetri

Ep 47: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 5)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 5: Windmeultjies, silwerkwassies, tontelbossies, pers-sonsoekertjies, klokkiesbossies, wondertapyt en verkleurmannetjie-salie… Dis enkele van die plante inheems aan die Hoëveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel.
Johan se sy verloofde Liezl Prinsloo, voor die mooi stasiegebou.

Ep 46: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 4) | Kroonstad skud sy vere reg

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 4: Kroonstad skud sy vere reg Die gemeenskap van Kroonstad het saamgestaan en begin om dié streeksdorp weer te verfraai en ‘n funksionerende dorp te maak, om voete in die dorp te kry.
AsclepiasPhyusocarpa

Ep 45: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 3) | Ontmoet Johan, die dryfkrag agter opknapping van Middelburg-stasie

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 3: ‘n Enkele inspireerder kan die vonk wees om ’n dorp weer aan die blom te kry. Ontmoet die man wat die dryfkrag was om die vervalle stasiegebou in Middelburg tot sy prag te herstel. En plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter inheemse struike in die Hoëveld aard om dorpe te verfraai.
Kassuur (Pittosporum viridifolium)

Ep 44: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 2)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 2: ‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld.
Basboom (Dais cotinifolia)

Ep 43: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 1)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 1: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp