Argief

Dienste

Bome op die dorp is in bedwang gebring en die takke is weggery.

Ep 78: Oos-Kaapse dorp aan’t skoon- en groenmaak

In Parys gaan dit nie goed met riool in die water nie. Die Sondagsriviervallei is bekroon vir sy skoonmaak- en groenmaakprojekte wat besig is om vlerke te kry, en kan die munisipaliteit ook spog met hulle verbeterde finansiële bestuur.
Ep 77: Die jongste oor Zimbabwiese burgers met ZEP permitte; die Parys-waterkwessie

Ep 77: Die jongste oor Zimbabwiese burgers met ZEP permitte; die Parys-waterkwessie

Wat staan werkgewers van Zimbabwiese burgers met ZEP-permitte wat in Junie 2023 verval, te doen? En waar staan sake om Parys en omstreke van rioolbesette water te red?
A culture of better service and use of minimal force are key to improving public confidence in the South African Police Service. GCIS/Flickr

Ep 76: ’n Tekort aan brandweerstasies en polisievoertuie in Vrystaatse dorpe

’n Tekort aan brandweerstasies en polisievoertuie in Vrystaatse dorpe; rioolbesoedeling ook in die Vrystaat; Eskom wat dreig op Tshwane se krag af te skakel; die effek van hoër eiendomsbelasting op skole; en ’n oorsig oor watervoorsiening aan die Nelson Mandela Metro.
Photo by Pieter Bouwer on Unsplash

Ep 75: Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem?

Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.
Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Ep 74: Sakeliga eis dat Eskom onmiddellik onwettige strafkrag staak

Sakeliga het ‘n ultimatum vervat in ‘n brief aan Eskom gestuur waarin hulle eis dat strafkrag (geteikende kragvermindering) onmiddellik gestaak word omdat dit veral boere en die sakegemeenskap benadeel.
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 73: Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit?

Weet jy of jou munisipaliteit onbehoorlike wins maak op jou elektrisiteit? Of hoeveel elektrisiteit in jou gebied deur onwettige verbindings verlore gaan? Of dat herverkopers van krag in jou gebied dalk onbehoorlike winste maak? Ons praat oor kragvoorsieningsfeite wat elke dorpenaar van moet kennis neem.
Ep 72: Kroonstad bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar

Ep 72: Kroonstad bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar

Kroonstad is onlangs bekroon as die Kwêla se Dorp van die Jaar nadat ’n groep sakemanne en ander dorpenaars in 2018 besluit het om self in te spring en die dorp se verval om te keer. André van Pletzen, stigterslid van Kroonstad Ignite & Revive, vertel hoe hulle te werk gegaan het en gee raad vir ander dorpe.
Potholes in SA Image by BusinessTech

Ep 71: Besoedelde water en slaggate is die minste van die probleme SA se dorpe

Hoe gaan dit met dorpe in die Mooirivier-streek? Dit gaan maar vrotsig in Klerksdorp, Sasolburg en Parys en selfs Potchefstroom. Besoedelde water en slaggate is die minste van die probleme.
Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Parys, die mooi Vrystaatse dorp aan die walle van die Vaalrivier, is deesdae gereeld vir ure en dae sonder water en elektrisiteit. Dít het Afriforum genoodsaak om ‘n dringende hofaansoek te bring vir ingryping. Die munisipaliteit skuld Eskom R1,5 miljard, maar kom nie sy ooreenkoms vir afbetaling na nie. In Ottosdal is die krane droog.
Ep 83: Kragvoorsiening in Suid-Afrika móét verander

Ep 69: Mag Eskom ’n nie-betalende munisipaliteit se krag afsny?

In die Harrismith-gebied en op Jeffreysbaai gebeur positiewe dinge, maar in Parys en Rosendal is ernstige waterkwessies. Ons fokus op die positiewe, en kyk ook na die regskwessie: Mag Eskom ’n nie-betalende munisipaliteit se krag afsny?
Vetstingeldruif (Cissus cactiformis)

Ep 68: Plante groei selfs in die woestyn

Plante groei selfs in die woestyn. Plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld deel verstommende inligting oor die Welwitchia, die oudste plant op ons planeet in die oudste woestyn op aarde, die Namib. Dié plant kan 1500 jaar oud word! Mari Hudson gesels met dr. Van Jaarsveld, wat ook vertel hoe dié plant gekweek kan word vir woestyntuine.
Ep 67: Ons kyk aan die hand van drie ware voorbeelde na tipiese munisipale probleme

Ep 67: Ons kyk aan die hand van drie ware voorbeelde na tipiese munisipale probleme

Tipiese probleme by baie munisipaliteute sluit in waterlekkasie, rioolbesoedeling, wanbesteding, spook-werknemers wat onwettig en nie volgens die organogram aangestel is nie, en powere werketiek en -standaarde. Ons kyk aan die hand van drie ware voorbeelde in die Vrystaat, Laeveld en Oos-Kaap na van die probleme.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp