Argief

Dienste

Lugfoto van ’n vallei met boorde en berge

Ep 66: Die stand van té veel munisiplaiteite in die land is gewoon power

Die stand van té veel munisiplaiteite in die land is gewoon power. Ons kyk na die bevindinge van die ouditeur-generaal en na ’n samestelling van reaksie op die ouditverslae uit RSG-onderhoude deur Gustav Greyling, Udo Carelse en Mariëtta Kruger wat eerste op Op en Wakker, Monitor en Naweekaktueel gehoor is.
Ep 65: Tienduisende plukkers en pakkers is besig op die sitrusplase, vanwaar tonne sitrus na ander wêrelddele verskeep word

Ep 65: Tienduisende plukkers en pakkers is besig op die sitrusplase, vanwaar tonne sitrus na ander wêrelddele verskeep word

Dit is tans ‘n miernes van bedrywighede in die Sondagsriviervallei waar tienduisende plukkers en pakkers besig is op die sitrusplase, vanwaar tonne sitrus word na ander wêrelddele verskeep word. ’n Nuwe rekenaarsentrum wat deur die sitrusboere moontlik gemaak is, is onlangs by een van die skole in die vallei geopen. Mari Hudson vertel meer van die projek. Ernst van Jaarveld vertel ook van fynbosplante.
Ep 70: Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?

Ep 64: Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou?

Hoe kan dorpenaars en gewone mense hulle munispaliteite op hulle tone hou? Marí Hudson praat met dr. Harlan Cloete, en hy draai nie doekies om nie, oor wat van munisipaliteite verwag word, hoe goeie leiers behoort op te tree en hoe elke gemeenskapslid betrokke kan raak.
Fynblaarysterhout (Ochna serrulata)

Ep 63: Die beste straatbome vir die fynbos-bioom

Die kanferbos, wildepruim, waterbessie, olienhout en Kaapse kastaiing is enkele van die bome wat goeie straatbome sal maak in die fynbos-streek. Vind ook meer uit die trots van Suid-Afrika, die protea-familie. Mari Hudson gesels met plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld oor geskikte plante vir jou dorp en streek.
Ep 62: Te veel water vermors en swak bestuur

Ep 62: Te veel water vermors en swak bestuur

Die metropool mors byna een-derde van sy water, terwyl dit moontlik is om water so goed te bestuur dat slegs sowat 8-persent in oop kanale verlore gaan. Ons kyk na hoe waterstelsels bymekaar ineenskakel en dat ons land nie langer swak waterbestuur en -beplanning kan bekostig nie – nie in stede nie en nie op die platteland nie.
Perdeskoenmalva – Pelargonium Zonale

Ep 61: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 3) | Plant só vir mooi strandveld- en kustuine

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 3 Hoewel soutbelaaide seewinde die Strandveld se plante heen en weer waai, is daar inderdaad bome en plante wat wel hier aard en groei.
Broodbome – Encephalartos Princeps

Ep 60: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 2)

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 2 Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.
Malvas in die ruigteveld

Ep 59: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 1)

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 1 Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond.
Ep 58: Wat gaan aan in die Sondagsriviervallei?

Ep 58: Wat gaan aan in die Sondagsriviervallei?

My hart is baie seer oor wat op die oomblik in my groen vallei aan die gang is. Opdateer Sondag 1 Mei 2022 Alles is sedert Vrydag 29 April redelik kalm, soos ook verlede naweek. Groepe het ingestem tot ‘n wapenstilstand van 14 dae vir onderhandelings
Ep 57: Eiendomsbelasting op wildsplase, ouetehuise, woonstelle en kommunes kan drasties verhoog

Ep 57: Eiendomsbelasting op wildsplase, ouetehuise, woonstelle en kommunes kan drasties verhoog

Eienaars van wildsplase, en ook woonstel- en kommunebewoners en ouetehuise, moet hulle regmaak vir yslike verhogings in eiendomsbelasting. Mangaung beplan om wildsplase se eiendomsbelasting vyftienvoudig te verhoog, en in Gauteng kan eiendomsbelasting vir woonstelle, kommunes en ouetehuise minstens verdubbel. Hierdie verhogings kan dalk binnekort ook in die hele land geld.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 56: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! (Deel 2)

Dorpe: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! Deel 2: Die Shackbuilder, Quinton Adams, bou nie net sterk, soliede, koeler shacks nie, maar lei ook werkloses op om hierdie strukture op te rig. By die Backyard Varsity leer werkloses nie net die die vaardighede aan om bouwerk te doen nie, maar ook om kosteberekenings te maak en goed te beplan.
Quinton Adams by ‘n shack wat sy span gebou het. Foto: Netwerk24

Ep 55: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! (Deel 1)

Dorpe: Word ‘n doener soos Die Shackbouer! Deel 1: Met letterlik miljoene mense in Suid-Afrika wat in plakkerkampe bly, maak Quinton Adams, bekend as die Shack Bouer, ’n verskil aan die huisvesting van mense in die informele nedersettings. Hy is een van die doeners wat dinge laat gebeur. Hy bou nie net stewige shacks nie, maar lei ook mense op om dié strukture in hulle eie dorpe op te rig.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp