Ep 39: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 1)

Impala lelie (Adenium multiflorum),

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 1:

In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet. En om suurstof te produseer en koolsuurgas uit die lug te verwyder.
Dr Ernst van Jaardveld, bekende plantkundige verbonde aan Babylonstoren, deel sy wye botaniese kennis.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Wat is ‘n bioom?

‘n Bioom is ‘n gebied wat vanweë hulle klimaat, grondtipe, reënval, ryp, winde, hoogte bo seespieël ander faktore dieselfde tipe plantegroei en diere ondersteun. Plante is aangepas by die klimaat en diere en die diere is aangepas by die plantegroei en klimaat.

Dit is die heel beste om bome en ander plante wat in jou streek/bioom aard, aan te plant, verduidelik plantkundige dr Ernst van Jaarsveld, eers van Kirstenbosch en tans van Babylonstoren.

Suid-Afrika het sewe belangrike biome.

Die biome van Suid-Afrika
Die biome van Suid-Afrika
Biome steur hulle nie aan landsgrense nie.
Biome steur hulle nie aan landsgrense nie.

Ons gaan die biome van noord na suid, oos na wes, bespreek. Die eerste bioom wat aandag kry, is die Bosveld en Laeveld, oftewel die Savanna of Grasvlakte.

Die onderstaande teks en besonderhede is opgestel deur Dr Ernst van Jaarsveld. Hy het ook die pragfoto’s verskaf.

BOSVELD en LAEVELD (ook bekend as Savanna of Grasvlakte)

Dorpe in die bioom

Polokwane, Musina, Makhadu, Alldays, EllisRas, Tzaneen, Hoedspruit, Mbombombela (Nelspruit)

Ook dele soos Pongola, en van die noordelike Zoeloeland en dan ook binnelandse Kalahari dele met sy mooi kameeldoringbome.

Klimaat

Baie warm klimaat met somer reenval, en gematigde warm winters wanneer die plante rus. Die mooi helder blomme van soveel plante helder die winter hier op. Dink maar aan die mooi aalwyne en plakkies wat blom. Winters ook mooi met die onderskeie argitektoniese vorms van die blaarlose bome (kremetart, kanniedood). Ryp soms, maar groot dele rypvry of met baie ligte ryp.

Reënval min of meer 300-600 mm per jaar

Internasionale bydra van bosveld plante in wêreld siertuinbou

Barberton Madeliefie (Gerbera jamesonii), vlamlelie (Gloriosa superba), impala lelie (Adenium multiflorum), koraalboom (E. lysistemon), koorsbome, ikone van die bosveld.

Die bruikbare Afrika tiemie (Coleus amboinicus) wat ‘n rank vetplantsoort is en sy blare in kos en slaai gebruik kan word.

Ryk plantdiversiteit en seker die boomrykste deel van ons land.

Die dele onder 1000m kenmerkend met Kremetart, kanniedood, doringbome, onderskeie naboomsoorte, baie aalwyn en vetplantsoorte.

Struktuur

Plantegroei bestaan uit bome, struike  en grasveld wat ons bosveld noem.

Die deel bestaan uit mooi sambreelagtige gewoonlik doring en ander mooi bosveldbome soso kiaat (Pterocarpus angolensis), raasblaar soorte (Combretum zeyheri, C. apiculatum), (Heteropyxis natalensis).

Baie van die bome is bladwisselend met mooi herfskleure soos die raasblaarsoorte, knoppiesblaar.

Grond is baie belangrik

Klei of sand. Alles begin by grond en grondvoorbereiding baie belangrik. Die gat moet 2x die volume van die boom in sy sak. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend.

Klei deel : Maroela (Sclerocarya), knoppiesdoring en onderskeie ander doringboom soorte, en boerboon (Schotia brachypetala)

Sanderige grond: raasblaar tipes soos Combretum, sandvaalboom (Terminalia sericea) almal met groter blare en by die sandgrond aangepas.


Vestiging

Om ‘n tuin of park te vestig, is dit belangrik om eers ‘n plan te teken en aan te dui waar jy bome wil plant. Dan volg die struike en dan die grondbedekkers en ander plante. Maar om ‘n tuin gou te vestig, is dit belangrik om beide vinniggroeiende (die pioniers) en stadiggroeiende bome en ander plante tegelyk aan te plant. Jy moet dus jou beplanning verdeel tussen pioniers en stadige groeiers.

Pioniers is vinniggroeiende pioniersoorte.

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.