Argief

vergroen

Photo by Pieter Bouwer on Unsplash

Ep 75: Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem?

Heruitsending: Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.
SalviaSchilchetri

Ep 47: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 5)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 5: Windmeultjies, silwerkwassies, tontelbossies, pers-sonsoekertjies, klokkiesbossies, wondertapyt en verkleurmannetjie-salie… Dis enkele van die plante inheems aan die Hoëveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel.
Johan se sy verloofde Liezl Prinsloo, voor die mooi stasiegebou.

Ep 46: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 4) | Kroonstad skud sy vere reg

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 4: Kroonstad skud sy vere reg Die gemeenskap van Kroonstad het saamgestaan en begin om dié streeksdorp weer te verfraai en ‘n funksionerende dorp te maak, om voete in die dorp te kry.
AsclepiasPhyusocarpa

Ep 45: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 3) | Ontmoet Johan, die dryfkrag agter opknapping van Middelburg-stasie

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 3: ‘n Enkele inspireerder kan die vonk wees om ’n dorp weer aan die blom te kry. Ontmoet die man wat die dryfkrag was om die vervalle stasiegebou in Middelburg tot sy prag te herstel. En plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter inheemse struike in die Hoëveld aard om dorpe te verfraai.
Kassuur (Pittosporum viridifolium)

Ep 44: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 2)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 2: ‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld.
Basboom (Dais cotinifolia)

Ep 43: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 1)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 1: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant.
Impalalelie – Adenium Multiflorum

Ep 42: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 4)

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 4: ‘n Plant wat soos ’n grasperk onder in ’n visdam groei en die water suiwer, Swazi- en Bereagras wat in Bosveldse tuine in die skadu groei, en mooi water- en bolplante is enkele van die interessanthede in vandag se gesprek met dr. Ernst van Jaarsveld oor die vergroening van jou dorp.
Blompeer (Dombeya rotundifolia in die Walter Sisulu NBBG

Ep 40: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 2)

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 2: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet.
Impala lelie (Adenium multiflorum),

Ep 39: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 1)

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 1: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant.
Spekboom (Portulacaria afra). As jy gelukkig is, kan jy die spekboom in bloei sien.

Ep 38: Bome vir mooi dorpe (Deel 2)

Bome vir Mooi Dorpe, Deel 2: Moet jy alle uitheemse bome uitkap as jy jou dorp wil vergroen? Die bekende botanis, dr. Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek.
Ep 37: Bome vir mooi dorpe (Deel 1)

Ep 37: Bome vir mooi dorpe (Deel 1)

Bome vir Mooi Dorpe, Deel 1: Jy wil graag jou dorp vergroen en verboom, maar hoe weet jy watter bome om aan te plant wat die beste in jou dorp sal aard. Die bekende botanis, dr. Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp