Ep 40: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 2)

Blompeer (Dombeya rotundifolia in die Walter Sisulu NBBG

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 2:

In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet. En om suurstof te produseer en koolsuurgas uit die lug te verwyder.
Dr Ernst van Jaardveld, bekende plantkundige verbonde aan Babylonstoren, deel sy wye botaniese kennis.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Inheemse plante van die Bosveld en Laeveld

Vinniggroeiende Bome en struike: Doringbome soos koorsboom (A. xanthophoea, A. nilotica, A. galpinii),  soetdoring (Acacia karoo), sandvaalboom (Terminalia sericeae), geelkeurboom (Calpurnea aurea), vanwykshout (Bolusanthus speciosus), Blompeer (Dombeya rotundifolia, D. burgesiae), papierbasdoring (Acacia  sieberiana woodii ) met ligte skadu en ideaal vir grondbedekkers.

Vinniggroeiende grondbedekkers: Coleus neochilus, Coleus amboinicus, skindersalie (Plectranthus verticillatus), Coleus mutabilis, Sekoekoeniesalie (Coleus venteri).

Langertermyn grondbedekkers: Plant skoonma-se-tong (Sansevieria soorte) as grondbedekker S. aethiopicum, gemsbokhoring (S. pearsonii), S. hyacinthoides, spikkelblaaraalwye (A. transvaalensis, A. chabaudii,

Skoonma-se-tong
Skoonma-se-tong

Rotstuine en bosveldvetplante: aasblomme (Stapelia gigantea, S leendertiziae, S. gettlefii), zebrablommetjie (Huernia zebrina) bosveld olifansvoet ( Adenia glauca, Adenia spinosa, A. fruticosa)  bosveldplakkie (Cotyledon barbae), Kalanchoe sexangulare, K. paniculata, plakkies (Crassula spp.) aalwyne (A. aculeata), bergaalwyn (Aloe marlothii) knoppiesaalwyn (A. globuligemma), Wylliespoort aalwyn (A. angelica),  Aloe petrophila, Aloe vanbalenii, Aloe spicata, koedoelelie (Pachypodium saundersiae), vetsakboom (Sesamothamnus lugardieae), impalalielie (Adenium multiflorum), wildedruiwe (cissus rotundifolius, C. cactiformis), noors en naboomsoorte (Euphorbia griseola), Grootdoringnoors (Euphorbia grandicornis),  bontnoors (E. grandialata) bosveld vygie (Delosperma lebomboensis, D. lydenburgensis, D. ryleyi), grondorgidee, Eulophia petersii

Groot soorte naboom en verwante (giftige melksap)

Eenjariges; Vingerhoedblom, Aeollanthus suaveolens.

Meerjariges

Bome

Worsboom (Kiggelia africana), Vanwykshout (Bolusanthus speciosus), dopperkiaat (Pterocarpus rotundifolius), kiaat (Pterocarpus angolensis), Laeveld kiepersol (Cussonia spicata), bosveldkiepersol (C. transvaalensis), haakdoring (Acacia caffra), Kameeldoring (A. erioloba ), haak en steek (A. tortilis, engelsedoring (A. robusta), koorsboom (A. xanthophloea), anaboom (A. albida),  knoppiesdoring (A. nigrescens), sambokpeul (Cassia abbreviata), Senna petersiana, Mopane (Colophospermum mopane), huilbos (Peltophorum africanum), jakkkalsbessie (Diosperyos mespiliformis),  Matumi (Breonadia microcephala) maroela (Schlerocary birrea), Nyala (Xanthocercis zambesiaca) rooiessenhout (Trichilia emetica), bergmahonie (Entandrophrama caudatum), wide vye (Ficus sycomorus), Laeveld kastaiiing (Sterculia murex) (eetbare vrugte)  witsering (Kirkia aciuminta), rooibos (Combretum apiculatum), grootblaarrotsvy (Ficus soldanella), rooiblaarwildevy (Ficus ingens), wonderboomvy (Ficus saliciaolia), harigerotsvy (F. glumosa), knoppiesblaar (Galpinia transvalica) appelblaar (Lonchocarpus capassa), wilde mango (Cordyla africana), stamvrug (Chrysophyllummagalismontanum), valsdoring (Albizia versicolor), doringkatjiepering (Hyperocanthus amoenus), Kei- appel, Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus),

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.