Ep 46: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 4) | Kroonstad skud sy vere reg

Johan se sy verloofde Liezl Prinsloo, voor die mooi stasiegebou.

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 4: Kroonstad skud sy vere reg

Die gemeenskap van Kroonstad het saamgestaan en begin om dié streeksdorp weer te verfraai en ‘n funksionerende dorp te maak, om voete in die dorp te kry. Parke, sypaadjies, middelmanne en sirkels is eerstens netjies gemaak. Skole was volgende en verskeie ander projekte volg, en wel in samewerking met die munisipale bestuur. Mari Hudson gesels met een van die gemeenskapslede van Kroonstad om te hoor wat hulle al bereik het, en hoe hulle te werk gegaan het.

Dr Ernst van Jaarsveld vertel meer oor meerjariges, en bolplante.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

So het die gemeenskap onder leiding van Concerned Businessmen and women van Kroonstad, met die samewerking van die Munisipaliteit, dié streeksdorp verfraai.

Besoek https://web.facebook.com/igniteandrevive/?_rdc=1&_rdr vir meer foto’s en inligting.

Kontak Pieter van Rensburg op 0828073832

Kontak André van Pletzen op 0827855130

Dr Ernst van Jaarsveld vertel meer oorMeerjariges en ander kruidagte struike

Dolomietsalie (Salvia dolomitica), groot-blouklokkiesbossie (Wahlenbergia grandifora, W. undulata), silwerkwassie (Vernonia natalensis), geel-platkopsewerjaartjie (Helichryssum  umbraculigerum) silwersewejaartjie (Helichryssum argyrophyllum), klipsalie (Aeollanthus parvifolius), harige-klipsalie (A. buchnerianus), bloumadeliefie (Aster harveyanus), bloublommetjie (Barleria obtusa), Idaba-katsnor (Becium obovatum),  bloubobbejaandissel (Berkheya purpurea), berg-bitterbossie (Caliliepis leptophylla), pluimbossie (Clematopsis scabiosifolia), bruin-en-geel voeltjieblom (Crotalarialaburnifolia), grootpeul-voeltjieblom (C. macrocarpa), basoetoe-anelier (Dianthus basuticus), Moorivierangelier (Dianthus mooiensis), pensies (Disachia barberae), smalblaar-bokhoringkie (D. integerrima), pers-bokhoringkie (D. purpurea) jakkalsmagriet, (Dicoma zeyheri), bergbietou (Dimorphotheca jucunda), bloubietou (D. spectabilis),steenbokharpuis (Euryops peduncularus), Drakensberg-harpuis (E. tysonii), draaibossie (Felicia filifolia), gousblom (Gazania krebsiana), sierblommetjie (Geranium pulchrum) grootsierblommetjie (G. robustum, Hiltonmadeliefie (Gerbera aurantiaca), Barberton-madeliefie (G. jamesonii), tontelbossie (Haplocarpha scaposa), skynloodkruid (Hirpicium armerioides), kortblom-verfbossie (Jamesbrittenia breviflora), skinkblommietjie (Monsonia grandiflora), grasveldsalie (Salvia schlechteri), tongblaarsalie (Salvia radula), kruipsalie (Salvia repens), hoeveld-koringblommetjie (Scabiosa columbaria), skaapstekersalie (Rabdosiella calycina) hoeveld-slangbos (Stoebe vulgaris), blaavruggie (Tinnea galpinii), kwasbossie (Vernonia glabra), pers-sonsoekertjie (Vernonia  hirsuta), groen-amarabossie (Vernonia oligocephala), Hemizygia subvelutinum, H. teucriifolia, Hemizygia transvaaalensis, (Lasiospermum bipinnatum), balderjan (Mentha longifolia), wortelblarmalva (Pelargonium bowkerii), skaapstekermalva (P. luridum), taaiblaarmalva (P. glutinosum), bosbokmalva (Pelargonium graveolens), rivierklokkies (Phygelius aequalis), Kaapse-rivierklokkies (P. capensis), herero-salie (Coleus hereroensis), stinkblaar (C. neochilus), gras-knolsalie (C. woodii) hoeveld-koringblommetjie (Scabiosa columbaria), wit-kerriebos (Sutera floribunda)  hoeveld-langbeensalie (Syncolostemon marcranthus), blaasvruggie (Tinnea galpinii), pers-sonsoekertjie (Vernonia hiersuta), groot-klokkiesbossie (Wahlenbergia grandflora)

Grondbedekkers

Verkleurmannetjiesalie (Coleus mutabilis), mat-gousblom (Arctotis arctotoides), veldpatat (Commicarpus pentandrus), Vrystaatvygie (Delosperma cooperi), Lydenburg-vygie (D. lydenburgense), Lesotho-vygie (Delosperma nubigena), klipbokvygie (D. obtusum), wondertapyt (Dichondra micrantha), koenana (Diclis reptans), oortjies (Falkia oblonga), vrouebossie (Geranium incanum), afgrond-silwersewejaartjie (Helichrsum chionospaerum), duin-sewejaartjie (H. cymosum), molepelle (H. sutherlandii), geel-sewejaartjie (H. setosum), aanteelbontaalwy (Aloe greatheadii var sobolifera).

Vetplante

Bergaalwyn (Aloe arborescens), naalblaar-dwergaalyun (Aristaloe aristata), breeblaar grasaalwyn (Aloe boylei), groot-glasaalwyn (A. cooperi), sier-grasaalwyn (A. ecklonis), hoeveld-bontaalwyn (Aloe greatheadii), Polokwane-aalwyun (Aloe longibracteata), blou-kransaalwyn (Aloe mutabilis), spiraalaalwyn (A. polyphylla), Pretoria aalwyn (Aloe pretoriensis), Reitzaalwyn (A. retizii), kleinblomaalwyn (Aloe prinslooi), Drakensberg-vuurpylaalwyn (Aloiampelos  striatula), aanteelaalwyn (Aloe zebrina), geelkatsert (Bulbine abyssinica), lintblaarkopieva (B. narcissolia), kopieva (Bulbine frutescens), honde-oorplakkie (Cotyledon orbiculata),  vingerpol (Euphorbia clavrioides), bergvoetangel (E. aggregata), bergharpuis (Senecio barbertonicus), skildblaaraster (Seneio orbicularis) dwerg boomplakkie (Crassula sarcocaulis), swazie-plakkie (Crassula swaziensis), bergvingertjies (Senecio barbertonicus) berg-meelplakkie (Kalanchoe luciae)

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.