Ep 45: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 3) | Ontmoet Johan, die dryfkrag agter opknapping van Middelburg-stasie

AsclepiasPhyusocarpa

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 3:

‘n Enkele inspireerder kan die vonk wees om ’n dorp weer aan die blom te kry. Ontmoet die man wat die dryfkrag was om die vervalle stasiegebou in Middelburg tot sy prag te herstel. En plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter inheemse struike in die Hoëveld aard om dorpe te verfraai.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Ontmoet Johan, die dryfkrag agter opknapping van Middelburg-stasie.

Kyk ook hierdie video’s oor die skoonmaakproses:
https://web.facebook.com/watch/?v=4113641152020390

Johan Janse van Rensburg verduidelik wat al gedoen is om die stasiegebou weer op te knap:

▶ Kyk die video op Facebook

▶ Kyk die video op Facebook

Die stoomtrein word gerestoureer
Die stoomtrein word gerestoureer

Plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter inheemse struike in die Hoëveld aard om dorpe te verfraai.

Struike

Geel blombos (Phymaspermum acerosum), groot-geelblombos (Phymaspermum athanasioides), geelkeur (Calpurnea aurea), wilde-als (Artemisia afra), wildevlier (Nuxia congesta), Kerriebos (Hypericum revolutum), pers-stokroos (Anisodontea jullii), balbossie (Gomphocarpus physocarpa), steenbokmelkbos (Gomphostigma fruticosa), bergkatbos ( Asparagus laricinus), rivierkatbos (Ä. virgatus), geel-skulpiesblom (Bowkeria citrina), treursalie (Buddleja auriculata), hoesbos (B. glomerata), bergsalie (Buddleja loricata), B. wilde-salie (salviifolia), lemoendoring (Cassinopsis ilicifolia), deurmekaarbos (Ehretia rigida), noemnoem (Carissa bispinosa), Jakkalsbos (Diospyros austro-africana),  berg-swartbas (D. scarbrida), swartbas (D. whyteana), ystertoppies (Dodonaea viscosa), tamboekiedoring (Erythrina ancanthocarpa), ploegbreker (E. zeheri), hardeblaar gwarrie (Eulea coriaceae), bloughwarrie (E. crispa), harpuismagriet (Euryops chrysanthemodies),  Waterberg-heuningklokkies (Freylinia tropica), kruisbessie (Grewia occidntalis), wilde-dagga (Leontis leonorus), klokkies-pendoring (Gymnosporia tenuispina), berg-kruidjie-roer-my- niet (Melanthus villosus), miritng (Myrsine africana), wildevlier (Nuxia congesta), pompombruidjiesbos (Pavetta cooperi), stinklaarbruidbos (P. gardeiifolia), vaalbruidbos (P. zeyheri), hadeblaar (Phylica paniculata), septemberbossie (Polygala myrtifolia), witkershout (Pterocelasturs echinatus),  tandblaarkoko (Maytenus ilicifolia), blinkblaar (Rhamnus prinoides), bergtaaibos (Searsia dentata), berg-besembos (S. dregeana), Besembos (S. erosa), vaal-bruidbos (Pavetta zeyheri), kankerbossie (Sutherlandia frutescens), bergwildemispel (Vangueria parvifolium), willemispel (Vangueria infausta), geel skulpiesblom (Bowkeria citrina), boesmansgif (Ackocanthera oppositifolia).

Rank en klimplante

Wilde-appelkoos (Ancylobotrys capensis), klimop (Clematis brachiata), Hoeveld-geelertjie, (Macrotyloma axillare), spantou (Cynanchum viminale), windmeultjies (Sphedamnocarpus pruriens), rankpompom (Vernonia angulifolia) gemsbokboontjie (Tylosema esculenta of T. fassoglense).

Klimop (Clematis brachiata)
Klimop (Clematis brachiata)

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.