Ep 52: Rietbron; Karootuin (Deel 1)

Die soetdoring (A. karroo)

Rietbron; Karootuin: Deel 1

Hoe begin ‘n mens om ‘n klein dorpie in die middel van die droë Karoo te verfraai? ’n Boervrou van Rietbron het begin skoonmaak en netjies maak, en die res volg nou. Sy vertel hoe alles begin het, waar sy bome kry en die lesse wat sy reeds geleer het. Plantkundige dr Ernst van Jaarsveld vertel ook meer oor die inheemse plantegroei van die Karoo.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Rietbron omgewing
Rietbron omgewing

Lees meer oor Rietbron:
https://www.baviaans.co.za/page/rietbron_info

KAROO TUIN

Dit staan ook bekend as die Nama Karoo, en onderskei van die vetplantkaroo deur sy droeë koue winter. Dit sluit ook in die laerliggende dele van die Groot Karoo in noord van Prins Albert, maar eintlik Beaufort-Wes en ooswaarts dan ook die karoo dele bo die platorand. en sluit in Middelpos, Driesusters, Fraserburg,  Murrysburg, Graaff-Reinet, Carnavon, Victoria Wes,  Upington, Postmasburg, Prieska, Victoria Wes, Colesberg, Middelburg, Noupoort, Burgersdorp, Aliwal Noord, Luckhoff, Kofffiefontein Fauresmith, Philipstown, Hopetown, Bethulie, Richmond en Hanover. Hierdie sluit alles hoerliggende dorre winterdroee karoo gedeeltes in.  Tewens dit sluit die grootse oppervlakte van al die biome in. Wys net twee derdes van ons land is semi-woestyn en klein wonder dat ons so baie inheemse vetplante het wat hierby aangepas is.

Klimaat

Meer ekstreem-  en sy grootste kenmerk wat hom bestuur is sonnige droee winters en net soos met die hoeveld met soms swaar ryp snags. Die minimum temperature wat wissel van -1 tot -15.  Reenval meestal in die vorm van donnerstorm en minder af en toe ook koue fronte en 150- tot so 400 mm per jaar maar ons weet dat daar soms langer periodes van baie droee jare is.  Wat die plantgegroei bestuur is die droee semi-woestynklimaat met winterkoue maar ook wild (nou meestal verang met skaap en bok) wat die karoobossie en gras bewei  het.  Dink maar aan die kenmerkende koppies met sy besemkaree, bergkiepersol (Cussonia paniculata var. paniculata), bloubos (Diospyros lycioides), gwarrie (Euclea undulata), Aalwyne kom ook voor en die deel kenmerkend met slangkopaalwyn (Aloe broomii), kraalalwyn (Aloe claviflora), kanniedood (Gonialoe variegata), en die klein karoo-aalwyn (Aloe grandidentata), ook verskeie bolplantsoorte. Die soetdoring (Acacia karoo) kom ook wydverspreid in die deel voor en sy naam Acaia karroo verwys juis na die karoo dele. Die ikoonsoort van die karoo is soetdoring (Acacia karroo)

Grond is wiselvallig, soms baie alkalies met kalkrante, anders weer klei of sanderige dele en groot delte is bekend vir hulle brak gronde.

Internasionale bydra van karooplante sluit in die ghaap (Hoodia gordonii) wat eers as aptytsonderdrukker gebruik was.

Struktuur: .  Histories was die deel met bossieveld en grasveld begroei en die kenmerkende klipstapelkoppies van die doloriet dagsome kenmerkend. Die deel het ook sy bome en struik maar beperk tot beskutte klipkoppe waar meer water is. Die deel was gekenmerk deur groot troppe springbokke. Laasgenoemde het getrek veral as reen in n deel geval het. Die Kaapse vlakvark (Phacochoerus aethopicus), het ook hier voorgekom maar om en by 1860 uitgesterf. Andres as die bosveldvlakvark (Phacochoerus africanus) is hy ‘n ekologies sensitiewe soort, en wat met die vermindering van gras in die karoo saamgeval het.

Vestiging en grond baie belangrik

Alles begin by grond en grondvoorbereiding dus baie belangrik. Bome en struike moet geplant word in n gat 2x die volume van die houer. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend.

Vestiging: pioniers:  vinniggroeiende pioniersoorte. Bome en struike: Doringbome soos die soetdoring (A. karroo), basterolien (Buddleja saligna),  hoesbos (B. glomerata), wilde-als (Artemisia afra), en dan die witkaree (Searsia pendulina).

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.