Argief

blomme

Gazania Krebsiana

Ep 54: Rietbron; Karootuin (Deel 3)

Rietbron; Karootuin: Deel 3. Kan mens enige tyd van die jaar bome plant as die lus jou pak? Of slegs in die vroeë lente? Karoo-inwoners moet kennis neem dat dorpe in dié gebied ook verfraai kan word met ’n ryk verskeidenheid inheemse plante wat by droogte- en ryp-omstandighede aangepas is. Dr. Ernst van Jaarveld, bekende plantkundige, is Mari Hudson se gas.
Witstinkhout (Celtis Africanus)

Ep 53: Rietbron; Karootuin (Deel 2)

Rietbron; Karootuin: Deel 2. Alle plante met melksap is nie noodwendig giftig nie. Diere leer baie gou dat sekere plante giftig is, al is dit nie deel van hulle oergeheue nie. Dié interessanthede kom aan die lig waar plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter bome en struike wel in die Karoo sal groei. Die Karee, olien, Karoo noem-noem en witstinkhout is maar enkele van die bome wat droogte- en rypbestand is.
Die soetdoring (A. karroo)

Ep 52: Rietbron; Karootuin (Deel 1)

Rietbron; Karootuin: Deel 1 Hoe begin ‘n mens om ‘n klein dorpie in die middel van die droë Karoo te verfraai? ’n Boervrou van Rietbron het begin skoonmaak en netjies maak, en die res volg nou. Sy vertel hoe alles begin het, waar sy bome kry en die lesse wat sy reeds geleer het.
Ruigteplantegroei naby Hankey

Ep 51: Die botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases

Plante praat met mense. Nie in woorde nie, maar in ’n botaniese taal van reuke en geure, dorings, kurkstamme en plantfrases, sê plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld. Hy vertel meer van die plante van die Ruigteveld, oftewel die valleibosveld. Mari Hudson rig ook ’n interessante uitdaging aan dorpenaars.
Die wilde-pruim (Harpephyllum caffrum)

Ep 50: Inheemse plantegroei van die Oos-Kaapse ruigteveld

Die krans-esseboom met sy helikoptervruggies, die wildepruim, die rivierblompeer, die Kaapse kastaiing met sy pienk bloeisels en die hoë geelhoutbome is enkele van die inheemse bome wat uiters goed in die Oos-Kaapse ruigteveld aard. Maar dis die geheime van die broodboom waaraan jy jou gaan verluister. Mari Hudson gesels met dr. Ernst van Jaarsveld oor inheemse plantegroei van dié streek.
SalviaSchilchetri

Ep 47: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 5)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 5: Windmeultjies, silwerkwassies, tontelbossies, pers-sonsoekertjies, klokkiesbossies, wondertapyt en verkleurmannetjie-salie… Dis enkele van die plante inheems aan die Hoëveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel.
Basboom (Dais cotinifolia)

Ep 43: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 1)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 1: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant.
Impalalelie – Adenium Multiflorum

Ep 42: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 4)

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 4: ‘n Plant wat soos ’n grasperk onder in ’n visdam groei en die water suiwer, Swazi- en Bereagras wat in Bosveldse tuine in die skadu groei, en mooi water- en bolplante is enkele van die interessanthede in vandag se gesprek met dr. Ernst van Jaarsveld oor die vergroening van jou dorp.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp