Argief

inheems

Perdeskoenmalva – Pelargonium Zonale

Ep 61: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 3) | Plant só vir mooi strandveld- en kustuine

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 3 Hoewel soutbelaaide seewinde die Strandveld se plante heen en weer waai, is daar inderdaad bome en plante wat wel hier aard en groei.
Broodbome – Encephalartos Princeps

Ep 60: Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld (Deel 2)

Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 2 Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies.
SalviaSchilchetri

Ep 47: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 5)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 5: Windmeultjies, silwerkwassies, tontelbossies, pers-sonsoekertjies, klokkiesbossies, wondertapyt en verkleurmannetjie-salie… Dis enkele van die plante inheems aan die Hoëveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel.
AsclepiasPhyusocarpa

Ep 45: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 3) | Ontmoet Johan, die dryfkrag agter opknapping van Middelburg-stasie

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 3: ‘n Enkele inspireerder kan die vonk wees om ’n dorp weer aan die blom te kry. Ontmoet die man wat die dryfkrag was om die vervalle stasiegebou in Middelburg tot sy prag te herstel. En plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter inheemse struike in die Hoëveld aard om dorpe te verfraai.
Kassuur (Pittosporum viridifolium)

Ep 44: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 2)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 2: ‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld.
Basboom (Dais cotinifolia)

Ep 43: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 1)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 1: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant.
Impalalelie – Adenium Multiflorum

Ep 42: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 4)

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 4: ‘n Plant wat soos ’n grasperk onder in ’n visdam groei en die water suiwer, Swazi- en Bereagras wat in Bosveldse tuine in die skadu groei, en mooi water- en bolplante is enkele van die interessanthede in vandag se gesprek met dr. Ernst van Jaarsveld oor die vergroening van jou dorp.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp