Ep 44: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 2)

Kassuur (Pittosporum viridifolium)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 2:

‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld. In dié episode ontsluit plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld verder die geheimenisse van die inheemse bome en struike van die Hoëveld om dorpenaars te help om hulle dorpe en streke te vergroen.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Fluitjieswilger (Salix mucronata), Kassuur (Pittosporum viridifolium), hoeveld-sukerbos (Protea caffra), silwerblaarsuikerbos (P. roupelliae), rooiaarsuikerbos (P. rubropilosa), rooibessie (Olinia emarginata), witpeer (Apodytes dimidiata), Vaderlandswilg (Combretum erytrophyllum), wynbessie (Dovyalis zeyheri), pietersielieboom (Heteromorpha arborescens) met sy mooi skilferbas, wilde-perske (Kiggelaria africana) wildekatjiepering (Rotmannia capensis). Ook baie mooi die baakhoutbome (Greyia radlkoferi en G. sutherlandii). Dave Berger van die Universiteit van Pretoria het n student wat op die groep werk en het selfs n witblommende vorm gekry.

Ander sluit in kanferbos (Tarchonanthus camphoratus), bergsipres (Widdringtonia nodiflora), knoppieshout (Xanthoxylon capensis), trassiebos (Acacia hebeclada) met peule wat regop staan, spreidende struik wat amper ‘n ondergrondse stam het. Kokoboom (Maytenus undata).

Bome vanuit die bosveld wat ons al beproef het in dele van Johannesburg; knoppiesblaar (Galpinia transvaalica), stamvrug (Chrysophyllum magalismontanum), Kei- appel (Dovyalis caffra), Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus)

Kaapse kastaiing (Calodendrum capense)
Kaapse kastaiing (Calodendrum capense)
Outenikwa geelhout (Podocarpus falcatus)
Outenikwa geelhout (Podocarpus falcatus)

Bome met argitektoniese vorms

Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi), Middelburg-broodboom (E middelburgensis), bergaalwyn (Aloe marlothii), bergkiepersol Cussonia paniculata var. sinuta.

Deel hierdie episode

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Luister verder

Meer episodes

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue

Ep 102: Hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.
Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Ep 101: Barrydale se inwoners ploeg terug in die gemeenskap

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.
Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Ep 100: Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.