Argief

Dienste

An informal settlement near Lenasia in south Johannesburg, South Africa.SIPHIWE SIBEKO / REUTERS

Ep 30: Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/stede (Deel 2)

Dorpe en munisipaliteite se hande is nie afgekap as dit by die verwydering van onwettige grondbesetters kom nie. Vroeë optrede, aanpassings in munisipale regulasies om die Paai-wetgewing se gapings te ondervang, en vroegtydige beplanning is deel van die oplossing. ’n Nuwe behuisings-aanslag is ook nodig om dorpe meer funksionerend te maak.
An informal settlement near Lenasia in south Johannesburg, South Africa.SIPHIWE SIBEKO / REUTERS

Ep 29: Onwettige plakkers tydens Inperking: Raad vir dorpe/stede (Deel 1)

Onder huidige Ramptoestandmaatrëels wat al 18 maande van krag is, is die verwydering van onwettige plakkerstrukture ’n groter kopseer as ooit. Maar Munisipaliteite en stadsrade se hande is nie afgekap nie. Ons het gaan vasstel wat ’n dorp of stad kan doen, en dat hoe gouer opgetree word, des te beter.
Die grootste sonplaas ter wêreld buite Dubai.

Ep 28: Wat moet SA doen om moderne en goedkoper sonkrag te verskaf?

Wat moet Suid-Afrika doen om moderne sonplase te bou om goedkoper sonkrag te lewer as Eskomkrag, en mededingend te bly in die wêreldekonomie. Marí Hudson gesels met Prof Vivian Alberts, een van die wêreld se voorste sonkragkenners.
The R&D centre is a part of the Mohammed bin Rashid AL Maktoum Solar Park , the largest single-site solar park in the world based on the Independent Power Producer (IPP) model , The Centre focuses on four areas of research including producing electricity from solar power and other clean energy technologies; the integration of smart grids; energy efficiency, and water. The R&D Centre covers over 4,400 square metres. Building-Integrated Photovoltaic Panels (BIPV) are installed on outer walls of the Centre to produce electricity from clean solar power. It also includes various labs and workshops such as a solar-radiation simulation lab, electronics lab, mechanical lab and chemicals lab. It has outdoor testing facilities to study the performance and reliability of solar panels. The Centre includes a 3d printed lab, this is the first building in the UAE to be fully-printed onsite, and the first such 3D-printed laboratory building in the world.

Ep 27: Moderne sonenergie-aanleg in Mauritius; hoekom nie in SA?

Waarom word ’n moderne sonenergie-aanleg in Mauritius gebou en nie in Suid-Afrika nie? Hoe raak die gebrek aan mega-sonplase in Suid-Afrika, mense in dorpe? Marí Hudson het die antwoorde gaan soek.
Die MBR sonplaas

Ep 26: Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas

As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie sonaanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies, en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Moderne sonenergieaanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en sal nog beter en goedkoper word. Suid-Afrika moet baie vinnig wakker skrik.
Photo by Fré Sonneveld on Unsplash

Ep 25: Winkel-eienaar, buit ‘n elektrisiteit-herverkoper jou uit?

Marí Hudson kyk na herverkopers van elektrisiteit wat dalk onwettige wins maak, en of ons dorpe mislukte dorpe is.
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 24: Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef? (Deel 2)

Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening aan dorpe en gemeenskappe? Is dit ’n fundamentele reg? Hoe word tariewe in dorpe bepaal? Wat van onwettige verbindings?
Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Ep 23: Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef? (Deel 1)

Hierdie episode fokus op twee dele: Lesse wat reeds geleer is deur dr. Braam Hanekom en sy groep, en die eerste insette oor hoe elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en streke werk.
Ep 17: Munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref.

Ep 17: Munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref.

Al hoe meer munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei bestuur, anders as in baie streke, dié vallei se water uiters doeltreffend, net om te sien hoe dinge by die plaaslike munisipaliteit skeefloop.
Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)

Ep 16: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 2)

Probleme met watervoorsiening en dienslewering is besig om ernstige afmetings aan te neem in die meeste dorpe en stede in Suid-Afrika. In dié episode raak-raak ons aan die stand van sake in Lydenburg, Johannesburg, Deneysville, Bloemfontein en Koster en vind uit waar staan samewerking tussen die private en staatsektore.
Ep 15: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 1)

Ep 15: Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog (Deel 1)

Jou reg tot skoon water is in die Grondwet verskans, tog laat baie munisipaliteite hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Marí Hudson praat met die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei, wat dié vallei se water uiters doeltreffend bestuur, maar die dinge dan by munisipaliteit skeef loop.
Ep 4: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang

Ep 4: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang

Ons fokus op wat verkeerd geloop het ná die grensverskuiwende uitspraak oor waterlewering in die Koster/Swartruggens-streek, die innoverende samewerkingsooreenkoms wat pas op Kroonstad bekend gestel is, en of groentetuine altyd die beste antwoord is.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp