Argief

PLante

Malvas in die ruigteveld

Ep 48: Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter

Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond. Droogtes en vloede wat mekaar afwissel. Histories geseën met die grootste soogdierdiversiteit per vierkante kilometer in SA. Spekbome, malvas, syselbosse en ‘n groot verskeidenheid plante wat gebrei is vir oorlewing.
SalviaSchilchetri

Ep 47: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 5)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 5: Windmeultjies, silwerkwassies, tontelbossies, pers-sonsoekertjies, klokkiesbossies, wondertapyt en verkleurmannetjie-salie… Dis enkele van die plante inheems aan die Hoëveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel.
AsclepiasPhyusocarpa

Ep 45: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 3) | Ontmoet Johan, die dryfkrag agter opknapping van Middelburg-stasie

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 3: ‘n Enkele inspireerder kan die vonk wees om ’n dorp weer aan die blom te kry. Ontmoet die man wat die dryfkrag was om die vervalle stasiegebou in Middelburg tot sy prag te herstel. En plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter inheemse struike in die Hoëveld aard om dorpe te verfraai.
Kassuur (Pittosporum viridifolium)

Ep 44: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 2)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 2: ‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld.
Impalalelie – Adenium Multiflorum

Ep 42: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 4)

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 4: ‘n Plant wat soos ’n grasperk onder in ’n visdam groei en die water suiwer, Swazi- en Bereagras wat in Bosveldse tuine in die skadu groei, en mooi water- en bolplante is enkele van die interessanthede in vandag se gesprek met dr. Ernst van Jaarsveld oor die vergroening van jou dorp.
Blompeer (Dombeya rotundifolia in die Walter Sisulu NBBG

Ep 40: Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld (Deel 2)

Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 2: In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet.
Spekboom (Portulacaria afra). As jy gelukkig is, kan jy die spekboom in bloei sien.

Ep 38: Bome vir mooi dorpe (Deel 2)

Bome vir Mooi Dorpe, Deel 2: Moet jy alle uitheemse bome uitkap as jy jou dorp wil vergroen? Die bekende botanis, dr. Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek.

Verken

Kies jou dorp of onderwerp